Jakof Swerdlof | |
![]() | |
Voorsitter van die Sekretariaat van die Russiese Kommunistiese Party (Bolsjewiste)
| |
Ampstermyn 1918 – 16 Maart 1919 | |
Voorafgegaan deur | Elena Stasowa (as tegniese sekretaresse) |
---|---|
Opgevolg deur | Elena Stasowa |
Voorsitter van die Al-Russiese Sentrale Uitvoerende Komitee
| |
Ampstermyn 21 November 1917 – 16 Maart 1919 | |
Voorafgegaan deur | Lew Kamenef |
Opgevolg deur | Michail Wladimirsky |
Lid van die 6de, 7de Politburo
| |
Ampstermyn 29 November 1917 – 16 Maart 1919 | |
Lid van die 6de, 7de Sekretariaat
| |
Ampstermyn 6 Augustus 1917 – 16 Maart 1919 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Nizjni Nowgorod, Nizjni Nowgorod-goewerment, Russiese Keiserryk | 3 Junie 1885
Sterf | 16 Maart 1919 (op 33) Moskou, Russiese SFSR |
Politieke party | Kommunistiese Party van die Sowjetunie |
Eggenoot/-note | Klawdia Nowgorodtsewa |
Jakof Michailowitsj Swerdlof (Russies: Яков Михайлович Свердлов; 3 Junie 1885 – 16 Maart 1919) was ’n administrateur van die Bolsjewisteparty en voorsitter van die Al-Russiese Sentrale Uitvoerende Komitee.
Hy is in Nizjni Nowgorod gebore as die seun van Joodse ouers, Michail Izrailewitsj Swerdlof en Elizawjeta Solomonowa. Ná sy vrou se dood het Michail en sy gesin hulle tot die Russies-Ortodokse geloof bekeer.
Jakof het in 1902 by die Russiese Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty aangesluit en daarna, as ondersteuner van Wladimir Lenin, by die Bolsjewistefaksie.
Hy het ná skool ’n groot aktivis en spreker in Nizjni Nowgorod geword. Hy was van sy inhegtenisneming in Junie 1906 tot in 1917 die meeste van die tyd óf in arres óf verban. Ná die Russiese Rewolusie in 1917 is hy na Petrograd, waar hy verkies is tot die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party.
Swerdlof is in November 1917 verkies tot voorsitter van die Al-Russiese Sentrale Uitvoerende Komitee en het daarmee die de jure-hoof van die Russiese SFSR geword tot met sy dood. Hy het ’n belangrike rol gespeel in die besluit om die Russiese Grondwetlike Vergadering in Januarie 1918 te ontbind en in die ondertekening van die Verdrag van Brest-Litofsk op 3 Maart. Hy word soms beskou as die eerste staatshoof van die Sowjetunie, hoewel die USSR eers in 1922, drie jaar ná sy dood, gestig is.
In ’n aantal bronne word beweer Swerdlof het ’n groot rol gespeel in die teregstelling van tsaar Nikolaas II van Rusland en sy gesin op 17 Julie 1918 in Jekaterinburg.
In ’n boek van 1990 deur die Moskouse skrywer Edvard Radzinsky word beweer Swerdlof het op 16 Julie 1918 opdrag gegee vir die teregstelling, hoewel sommige geleerdes Radzinsky se boeke afmaak as pseodo-geskiedenis.[1][2][3][4][5] Yuri Slezkine het egter dieselfde gedink.[6]
In 1924 is Jekaterinburg se naam ter ere van hom na Swerdlofsk verander.
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp){{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp){{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)