James Bowie | |
---|---|
| |
Bynaam(e) | Jim Bowie, Santiago Bowie |
Geboortedatum | ca. 1796 |
Geboorteplek | Logan County, Kentucky, Verenigde State |
Sterfdatum | 6 Maart 1836 |
Sterfplek | Alamo-sendingstasie, San Antonio, Republiek van Texas |
Lojaliteit | Verenigde State |
Jare in diens | 1835–1836 |
Rang | Kolonel |
Eenheid | Texaanse vrywilliger weermag |
Poste beklee | The Alamo, San Antonio |
Veldslae/oorloë | Texaanse Onafhanklikheidsoorlog
|
James (Jim) Bowie (1796–1836) was 'n Amerikaanse avonturier wat in Kentucky gebore is. Bowie het help veg vir Texas se onafhanklikheid van Meksiko tydens die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog. Hy was 'n mede-bevelvoerder in die slag van Alamo, waarin hy dan ook gesneuwel het.[1]
Bowie word as 'n Amerikaanse volksheld beskou. Stories van hom as 'n vegter, sommige werklik en ander fiktief, het hom 'n legendariese figuur in Texas se geskiedenis gemaak.
Die Bowie-mes is na hom vernoem, hoewel dit deur sy broer Rezin Bowie (1793–1841) ontwerp is. Dit is ’n groot mes met ’n lem wat ’n kurwe vorm.