Willems is in die Belgiese stad Boechout gebore, terwyl dit onder Franse besetting was. Hy begin sy loopbaan in die kantoor van 'n notaris in Antwerpen.
Hy wy sy vrye tyd aan literatuur, en in 1810 verwerf hy 'n prys vir poësie met 'n ode ter viering van die vrede van Tilsit. Hy het met entoesiasme die stigting van die Verenigd Koninkrijk van Nederland en die herlewing van die Vlaamse letterkunde begroet; en 'n aantal geestige skrywes ter ondersteuning van die aansprake van die moedertaal van die Nederlande geskryf.
Sy politieke simpatie het gelê by die Oranje-party tydens die Belgiese revolusie (Revolusie van 1830). Die sienings het hom in die moeilikheid gebring by die voorlopige regering. Willems is egter gou erken as die onbetwiste leier van die Vlaamse volksbeweging, wat die volledige gelykheid van die tale in die regering en die regshowe verwesenlik het. Hy sterf in Gent in 1846.
Die belangrikste van sy verskeie skrywes was:
De Kunsten en Wetenschappen (1816)
Aen de Belgen, Aux Belges (1818)
Historisch Onderzoek naer den oorsprong en den waren naem der openbare plaetsen en andere oudheden van de stad Antwerpen (1828)
Biografieë van Willems is geskryf deur Ferdinand Augustijn Snellaert (Gent, 1847) en Max Rooses (Antwerpen, 1874). (New International Encyclopedia). Rooses, Julius Vuylsteke en Anton Bergmann het ook Jan Frans Willems, (Gent, 1893) gepubliseer.