Japannese manna | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. frumentacea
|
Binomiale naam | |
Echinochloa frumentacea | |
Sinonieme[1] | |
|
Japannese manna (Echinochloa frumentacea), ook bekend as hanekamgras, word beskou as die manna wat die beste geskik is vir weiding. Dit is ook geskik vir die maak van hooi en kuilvoer, en op klein skaal word dit vir voëlsaad verbou. Dit is minder geskik vir menslike verbruik.
Die plant is snelgroeiend, verg vrugbare grond, 'n goed verspreide reënval en 'n gematigde en vogtiger klimaat as ander mannasoorte. Dit word tot 1½ m hoog.