Jean Bodin | |
Gebore | 1530 Angers, Frankryk |
---|---|
Oorlede | 1596 Laon, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Regsfilosofie, politieke filosofie, ekonomie |
Bekend vir | Hoeveelheidsteorie van geld, absolute soewereiniteit |
Beïnvloed deur | Petrus Ramus |
Invloed op | Giovanni Botero, Charles Montesquieu, Eric Voegelin |
Jean Bodin (1530–1596) was 'n Franse politieke filosoof en is bekend vir sy bekendstelling van die konsep van soewereiniteit.
In sy belangrikste werk, Les six livres de la république (1576), het hy die moderne konsep van soewereiniteit bekendgestel. Hiermee het Bodin die teoretiese grondslag gelê vir die absolutisme en die moderne staatsowerheid en daarmee 'n belangrike oorgang van die Middeleeue en Moderne Tye.
Die uitwerking van die begrip soewereiniteit deur Bodin moet verstaan word teen die agtergrond van die Hugenote-oorloë. Om vrede en rustigheid terug te bring na die samelewing, het Bodin, soos Niccolò Machiavelli, gevoel dat sterk gesag nodig was. Vir Bodin was dit die Franse koning wat absolute mag benodig, analoog tot die pouslike plenitudo potestatis. Hy was dus gekant teen die beperking van die koninklike mag wat die Monarchomaques (Franse Hugenote-teoretici wat teen die einde van die 16de eeu teen monargie gekant was, veral omdat hulle teoreties die moord op tiranniese leiers geregverdig het) in gedagte gehad het, veral na die Bartolomeusnag van 1572. Bodin het aangevoer dat soewereiniteit die absolute en ewige mag van 'n staat is. Absoluut staan hier vir die ondeelbare mag, nie beperk deur hoër gesag of gedeel met laer instellings nie. Ewige of onvervreembare beteken dat laer instellings hul mag implementeer deur regspraak te gebruik, staatsamptenare aan te stel en belasting op te lê – maar hierdie magte is altyd herroepbaar.
Dit is merkwaardig dat Bodin nie probeer het om soewereiniteit te probeer regverdig met verdrae of beginsels soos droit divin, die goddelike reg wat heersers sou hê nie.
Bodin was een van die eerste in Europa om hom teen slawerny uit te spreek. Alhoewel die slawerny in Europa amper nie meer bestaan nie, het dit nie verdwyn nie. Bodin het gereageer op 'n situasie rondom Nice, waar dit vir entrepreneurs moeilik was om mee te ding met maatskappye wat geproduseer het met behulp van slawe. Volgens hom was dit nie goed vir die Franse nasie nie.