Jeff Bridges | |
Bridges in 2013 by Comic Con.
| |
Geboortenaam | Jeffrey Leon Bridges |
---|---|
Geboorte | 4 Desember 1949 Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Ouers | Lloyd Bridges Dorothy Bridges |
Lewensmaat | Susan Geston 1977 |
Kinders | 3 |
Aktiewe jare | 1950-nou |
Jeffrey Leon "Jeff" Bridges (gebore op 4 Desember 1949) is ’n Amerikaanse akteur, sanger en vervaardiger. Hy kom uit ’n vooraanstaande akteursgesin.
Bridges het in 1951 in sy eerste rolprent, The Company She Keeps, verskyn toe hy amper twee jaar oud was. In sy jeugjare het hy in die televisiereeks Sea Hunt (1958–'60) verskyn saam met sy pa, Lloyd Bridges, en broer, Beau Bridges. Hy was ook in die reeks The Lloyd Bridges Show (1962–1963) te sien.
In 1971 het hy die hoofrol in die televisieprent In Search of America vertolk. Sy eerste groot rol was in die 1971-rolprent The Last Picture Show, waarvoor hy vir ’n Oscar vir beste manlike byspeler benoem is.[1] In 1972 was hy in die hoog aangeskrewe neo-noir-boksfliek Fat City.
Hy het die Oscar vir beste akteur gewen vir sy rol as Otis "Bad" Blake in die 2009-rolprent Crazy Heart, en het nog benoemings vir dié prys gekry vir sy rolle in Thunderbolt and Lightfoot (1974), Starman (1984), The Contender (2000) en True Grit (2010).
Bridges se ander prente sluit in Tron (1982), waarin hy een van sy bekendste rolle vertolk, Jagged Edge (1985), The Fabulous Baker Boys (1989), The Fisher King (1991), Fearless (1993), The Big Lebowski (1998), Seabiscuit (2003), Iron Man (2008), Tron: Legacy (2010) en The Giver (2014).
Wikimedia Commons bevat media in verband met Jeff Bridges. |