Jobbik Magyarországért Mozgalom
|
Jobbik
|
|
Leier
|
Péter Jakab
|
Gestig
|
24 Oktober 2003
|
Hoofkwartier
|
1113 Boedapest, Villányi út 20/A
|
Ideologie
|
Hongaarse nasionalisme, konserwatisme, tradisionele Christelike waardes
|
Internasionale affiliasie
|
Geen
|
Amptelike kleure
|
Rooi en groen
|
Webblad
|
jobbik.hu
|
Jobbik, die beweging vir 'n beter Hongarye (Hongaars: Jobbik Magyarországért Mozgalom, Jobbik) is 'n politieke party in Hongarye. Dit is in 2003 gestig en oorspronklik as regsgesind beskryf. In sy stigtingsmanifes fokus Jobbik as konserwatiewe party op tradisionele Christelike en patriotiese waardes, maar bevestig ook sy voorneme om radikaal op te tree soos 'n paramilitêre beweging. Intussen neem Jobbik meer gematigde standpunte in - blykbaar in 'n poging om tot 'n volksparty en strawwe mededinger vir die regeringsparty Fidesz te ontwikkel.[1][2]