Joe Cocker | |
---|---|
![]() Joe Cocker in 2013 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | John Robert Cocker |
Ook bekend as | Joe |
Gebore | 20 Mei 1944 Sheffield, Engeland |
Sterf | 22 Desember 2014 Crawford Colorado, VSA |
Genres | Rock en blues |
Beroep(e) | Sanger-liedjieskrywer |
Jare aktief | 1961–2014 |
Etikette | Regal Zonophone, A&M, Capitol, EMI, Decca |
Webwerf | cocker.com |
John Robert "Joe" Cocker, OBE (20 Mei 1944 – 22 Desember 2014) was 'n Engelse rock- en blues-sanger. Hy raak in die 1960's bekend vir sy growwe stem, spastiese bewegings op verhoog en dekking van gewilde treffers, veral dié van die Beatles.
Met die Beatles se "With a Little Help from My Friends" bereik hy die nommer een posisie op die VK-treffersparade. Dié weergawe is as temalied vir die TV-reeks, The Wonder Years gebruik. Sy vertolking van Billy Preston se "You Are So Beautiful" in 1975 het die nommer vyf posisie in die VSA behaal.
Cocker het verskeie toekennings ontvang, onder andere 'n Grammy in 1983 vir sy treffer "Up Where We Belong" ('n duet met Jennifer Warnes). In 2008 is hy by Buckingham-paleis met die Orde van die Britse Ryk (OBE) vir sy musikale dienste bekroon.[1][2]
Jaar | Maand | Titel | VK-treffersparade | VSA se Hot 100 | Album |
---|---|---|---|---|---|
1968 | Oktober | "With a Little Help From My Friends" | 1 | ||
1969 | September | "Delta Lady" | 10 | ||
1970 | Julie | "The Letter" | 39 | ||
1975 | "You Are So Beautiful" | 5 | I Can Stand a Little Rain | ||
1983 | Januarie | "Up Where We Belong" | 7 | ||
1992 | Maart | "(All I Know) Feels Like Forever" | 25 | ||
1992 | Mei | "Now That the Magic Has Gone" | 28 | ||
1992 | Julie | "Unchain My Heart | 17 | ||
1994 | Augustus | "The Simple Things" | 17 | ||
1994 | Desember | "Let the Healing Begin" | 32 |
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Joe Cocker. |