Joekos | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 15 April 1993 |
Hoofkantoor | Moskou, Rusland |
Sleutelpersone | Steven M. Theede (hoof uitvoerende beampte en voorsitter van die Raad) Mikhail Khodorkovsky |
Industrie | Ruolie- en gas-eksplorasie, ruolie- en gas-produksie |
Ontbind | 1 Augustus 2006 |
Joekos (Russies: Ю́КОС) was ’n oliemaatskappy in Rusland wat tot in 2003 beheer is deur die Russiese oligarg Mikhail Khodorkovsky en ’n paar ander vooraanstaande sakelui. Nadat Joekos op 1 Augustus 2006 bankrot verklaar is,[1] is Khodorkovsky aan bedrog skuldig bevind en gevangenisstraf opgelê.
Die meeste van Joekos se bates is onder markwaarde verkoop aan oliemaatskappye onder beheer van die Russiese staat.[2]