Die graaf Spencer | |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | Bayswater, Paddington, Londen, Engeland | 24 Januarie 1924
Sterf | 29 Maart 1992 (op 68) St John's Wood, Londen, Engeland |
Eggenoot/-note | Frances Roche (trou 1954; skei 1969) Raine Spencer (trou 1976) |
Edward John Spencer, 8ste graaf Spencer, LVO (24 Januarie 1924 – 29 Maart 1992), ook genaamd burggraaf Althorp tot Junie 1975, was 'n Britse eweknie en edelheer. Hy was die vader van Diana, Prinses van Wallis, en oupa aan moederskant van William, Prins van Wallis, en Prins Harry, Hertog van Sussex, onderskeidelik eerste en vyfde aanspraakmaker op die Britse troon.
Op 1 Junie 1954 is Spencer getroud met Frances Ruth Roche, die jonger dogter van die 4de Baron Fermoy, in die Westminster-abdy. Koningin Elizabeth II en ander lede van die koninklike familie het die huweliksplegtigheid bygewoon. Hulle het vyf kinders gehad:
John en Frances Spencer is in 1969 geskei. Onmiddellik daarna trou Frances met Peter Shand Kydd, terwyl John deur die hof toesig oor hul kinders verkry. In 1976 trou Lord Spencer met Raine McCorquodale, die voormalige vrou van die 9de graaf van Dartmouth.
In 1978 het Spencer 'n ernstige beroerte gehad, en hy is agt maande in die hospitaal gehou. Kort voor sy dood is hy weens longontsteking in die hospitaal opgeneem. [1] In 1992 sterf hy aan 'n hartaanval, en word opgevolg deur sy seun Charles.