John Wayne Gacy | ||
'n Tekening van Gacy. | ||
Gebore | 17 Maart 1942 | |
Oorlede | 10 Mei 1994 (op 52) | |
Rede vir dood | Tereggestel (dodelike inspuiting) | |
Land | VSA | |
Bynaam | Killer Clown Pogo die Hanswors | |
Misdaad | Reeks moorde, seksaanklagte | |
Misdaadbesonderhede | ||
Plek | Chicago, Illinois | |
Datum(s) | 3 Januarie 1972 – 11 Desember 1978 | |
Slagoffers | 33–34 | |
Metode | Versmoring, verwurging | |
Vonnisbesonderhede | ||
Vonnisdatum | 13 Maart 1980 | |
Vonnis | Doodstraf |
John Wayne Gacy jr. (17 Maart 1942 – 10 Mei 1994) was ’n Amerikaanse reeksmoordenaar en verkragter wat skuldig bevind is aan die seksuele aanranding en moord op minstens 33 tienerseuns en jong mans tussen 1972 en 1978 in Chicago, Illinois.
Hy het bekend geword as die Killer Clown vanweë sy welsyndienste by geldinsamelings, parades en kinderpartytjies waar hy soos "Pogo die Hanswors" sou aantrek – ’n karakter wat hyself geskep het.
Al Gacy se moorde is sover bekend in sy buurt gepleeg; sy slagoffers is gewoonlik na sy huis gelok deur oorreding of geweld en al sy teikens behalwe een is vermoor deur óf versmoring óf verwurging met ’n knelverband (sy eerste slagoffer is doodgesteek). Gacy het 26 van sy slagoffers in die lae kelder van sy huis begrawe; nog drie is elders op sy erf begrawe en sy laaste vier bekende slagoffers is in die Des Plaines-rivier gegooi.
Gacy is skuldig bevind aan 33 moorde en op 13 Maart 1980 tot dood veroordeel vir 12 van die moorde. Hy het 14 jaar in die dodesel deurgebring voordat hy op 10 Mei 1994 met ’n dodelike inspuiting tereggestel is.