| |||||
Joseph Dweba in 2023 | |||||
Volle naam | Joseph Dweba | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 25 Oktober 1995 | ||||
Geboorteplek | Carletonville, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,75 m | ||||
Massa | 105 kg | ||||
Skool | Hoërskool Florida, Roodepoort | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Haker | ||||
Jeugspanne | |||||
Jare | Span | ||||
2011–2013 2014–2016 |
Goue Leeus Vrystaat Cheetahs | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2015 | Bloemfontein Crusaders | 1 | (0) | ||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2020–2022 | Bordeaux | 30 | (45) | ||
korrek soos op 1 Julie 2023. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2015–2018 2016–2020 2023– |
Vrystaat XV Vrystaat Cheetahs Westelike Provinsie |
26 20 |
(50) (45) | ||
korrek soos op 1 Julie 2023. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2016–2020 2022– |
Cheetahs Stormers |
28 12 |
(55) (15) | ||
korrek soos op 1 Julie 2023. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2013 2014–2015 2021–hede |
SA Skole SA o/20 Suid-Afrika |
3 6 2 |
(0) (0) (0) | ||
korrek soos op 1 Julie 2023. |
Joseph Dweba (* 25 Oktober 1995, Carletonville) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in die Curriebeker vir die Vrystaat Cheetahs op haker speel.
Dweba se eerste provinsiale verteenwoordiging was in 2011 toe hy vir die Goue Leeus se onder 16-span vir die Grant Khomo-week gekies is.
Twee jaar later het hy dieselfde provinsie by die Craven-week in Polokwane verteenwoordig. Hy het in al drie wedstryde gespeel waaronder die hoofwedstryd teen die Westelike Provinsie. Hy is daarna gekies om vir die Suid-Afrikaanse Skolespan en het in Augustus 2013 wedstryde teen Engeland, Frankryk en Wallis gespeel.
Vir die 2014-seisoen is Dweba na Bloemfontein waar hy hom by die Vrystaat Cheetahs aangesluit het. In daardie jaar is hy ingesluit in die Suid-Afrikaanse o/20-span vir die Junior Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland. Hy was ’n plaasvervanger in sy span se oorwinning van 33-24 teen Nieu-Seeland en het weer van die bank af in die eindstryd teen Engeland opgedraf, wat Suid-Afrika met 21–20 verloor het. Hy het ook in 2014 vir die Vrystaat se o/19-span in dié ouderdomsgroep se Curriebeker gespeel.
Nadat hy 'n enkele wedstryd vir die Bloemfontein Crusaders in die Gemeenskapsbeker gespeel het, is Dweba ingesluit in die Vrystaat se span vir die 2015 Vodacombeker. Hy het sy provinsiale eersterangse debuut teen die SWD Arende gemaak in ’n wedstryd wat sy span met 17–33 verloor het. Daardie jaar is hy weer ingesluit by die Suid-Afrikaanse o/20-span. Hierdie span het ’n wedstryd teen ’n Varsitybeker-droomspan gespeel met Dweba in die beginspan. Daarna is hy ingesluit in ’n toergroep wat na Argentinië gereis het en waar hy in altwee wedstryde gespeel het. MEt die span se terugkeer uit Argentinië is hy ingesluit in die finale span vir die 2015 Junior Wêreldbekertoernooi in Italië. Suid-Afrika het die toernooi in die derde plek afgesluit met ’n oorwinning teen Frankryk, ’n wedstryd waarin Dweba ’n plaasvervanger was.