Jozinibroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. senticosus
|
Binomiale naam | |
Encephalartos senticosus Vorster, (1996)
|
Die Jozinibroodboom (Encephalartos senticosus) is 'n spesie van die genus Encephalartos.
Die plant kom op die kruin van die Lebomboberge voor vanaf Jozini, noordwaarts tot net verby Siteki in Eswatini. Die plant groei vinnig en word tot 4 m hoog. Dit groei in goedgedreineerde grond, verkies sonlig en gedeeltelike skadu areas. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.
Die plant was eers saam met E. lebomboensis as een spesie beskou, maar word sedert 1996 as 'n aparte spesie gelys. Die plant se FSA-nommer is 8.[2][3] In Engels staan die broodboom as die Lebombo cycad bekend.