João Lourenço

João Lourenço
João Lourenço
João Lourenço in 2023

3de President van Angola
Ampsbekleër
Termynaanvang
26 September 2017
Vise Bornito de Sousa
Esperança da Costa
Voorafgegaan deur José Eduardo dos Santos

President van MPLA
Ampsbekleër
Termynaanvang
8 September 2018
Voorafgegaan deur José Eduardo dos Santos

Minister van Nasionale Verdediging
Ampstermyn
22 April 2014 – 24 Julie 2017
President José Eduardo dos Santos
Voorafgegaan deur Cândido Pereira dos Santos Van-Dúnem
Opgevolg deur Salviano de Jesus Sequeira

Ampstermyn
17 Augustus 2023 – 17 Augustus 2024
Voorafgegaan deur Félix Tshisekedi
Opgevolg deur Emmerson Mnangagwa

President van die Afrika-unie
Ampsbekleër
Termynaanvang
15 Februarie 2025
Voorafgegaan deur Mohamed Ould Ghazouani

Persoonlike besonderhede
Gebore João Manuel Gonçalves Lourenço
5 Maart 1954 (1954-03-05) (71 jaar oud)
Luanda, Portugees-Angola (nou Angola)
Politieke party MPLA
Eggenoot/-note Ana Afonso Dias
Kind(ers) 6
Alma mater Industriële Instituut van Luanda
Lenin Superior Akademie

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Angola Angola
Diens/Tak Angolese Weermag
Jare in diens 1974–2017
Rang Weermaggeneraal (1986)
Oorloë/Veldslae Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid
Cabinda-oorlog
Angolese Burgeroorlog
Tweede Kongo-oorlog

João Manuel Gonçalves Lourenço, GColIH (gebore op 5 Maart 1954), is 'n Angolese politikus wat sedert 26 September 2017 as president van Angola dien. Voorheen was hy van 2014 tot 2017 Minister van Verdediging. In September 2018 het hy die Voorsitter van die People's Movement for the Liberation of Angola (MPLA), die regerende party, geword. Hy was van 1998 tot 2003 die sekretaris-generaal van dié party.

João Lourenço is in Desember 2016 aangewys om die party se posisie 1 in die wetgewende verkiesing in Augustus 2017 te beklee. Ingevolge die grondwet van 2010 is 'die individu wat die nasionale lys van die politieke party of koalisie van politieke partye is wat die meeste stemme tydens algemene verkiesings ontvang het … verkies tot President van die Republiek en Hoof van die Uitvoerende Gesag' (artikel 109 ). Aangesien die MPLA 'n meerderheid van 150 setels verower het, het Lourenço outomaties president van Angola geword, en hy het José Eduardo dos Santos opgevolg wat 38 jaar aan bewind was. Lourenço is op 26 September 2017 amptelik in dié amp ingesweer. Daarbenewens dien hy sedert 15 Februarie 2025 vir een jaar as president van die Afrika-unie.[1]

Biografie

[wysig | wysig bron]

Lourenço is in 1954 tot 'n polities aktiewe gesin in Luanda gebore. Sy vader Sequeira João Lourenço (1923–1999) was 'n boorling van Malanje en 'n verpleegster en nasionalis, wat 'n drie jaar gevangenisstraf vir onwettige politieke aktiwiteite in Portugees-Angola moes uitdien.[2][3] Sy moeder Josefa Gonçalves Cipriano Lourenço (1928–1997) was 'n boorling van Namibe en 'n naaldwerkster.[4][5] Hy het 'n Portugeestalige primêre en sekondêre opvoeding in die Bié-provinsie en Luanda ontvang.[6]

Opvoeding en militêre loopbaan

[wysig | wysig bron]

Lourenço het aan die Industriële Instituut van Luanda gestudeer en later aan die bevrydingstryd in Ponta Negra deelgeneem waar hy ná die ondergang van die Portugese koloniale bewind in Augustus 1974 deel van die eerste groep MPLA-soldate was wat die Angolese grondgebied via die stad Miconge binnegegaan het op pad na Cabinda.

Hy het sy militêre loopbaan begin deur teen die Portugese in die Angolese Vryheidsoorlog te veg en het daarna as 'n MPLA-soldaat in die Angolese Burgeroorlog geveg.[7]

Lourenço het sy opleiding in artillerie gedoen en toe 'n politieke beampte in die MPLA geword. In 1978 het Lourenço na die Sowjetunie gereis en aan die Lenin Militêr-Politieke Akademie gestudeer, waar hy sy militêre opleiding voortgesit en 'n meestersgraad in Historiese Wetenskappe voltooi het. Hy het later in 1982 na Angola teruggekeer. As 'n artillerie-generaal het Lourenço hom na die politiek gewend en is in 1984 as goewerneur van die Moxico-provinsie aangestel.[8]

Politieke loopbaan

[wysig | wysig bron]

Lourenço het sy politieke loopbaan in die MPLA begin as 'n offisier wat verantwoordelik was om guerrilla-soldate se moraal hoog te hou. Na sy aanstelling as goewerneur van die Moxico-provinsie in 1984 het hy geleidelik deur die geledere van die regerende party gevorder.[7][9] Hy was ook die provinsiale kommissaris van die Moxico-provinsie vir die MPLA, president van die Streek Militêre Raad van die 3de Militêre Politieke Streek, Eerste Sekretaris van die MPLA en die Provinsiale Kommissaris van die Benguela-provinsie.[10]

Hy was van 1992 tot 1997 die MPLA se Sekretaris vir Inligting en van 1993 tot 1998 president van die MPLA Parlementêre Groep in die Nasionale Vergadering.[11] Hy was van 1998 tot 2003 die sekretaris-generaal van die MPLA.[7][12][13] Hy is daarna as die eerste adjunkpresident van die Nasionale Vergadering aangestel en het die amp tot en met sy aanstelling as die minister van verdediging in 2014 beklee.[14] Lourenço het in Augustus 2016 die adjunkpresident van die MPLA geword.[15]

Vir die 2017 nasionale verkiesing was hy die eerste kandidaat op die MPLA se kandidate-lys.[16] In die verkiesing is hy tot president verkies en hy is op 26 September 2017 as die derde president van Angola ingehuldig. 'n Jaar later het hy vir José Eduardo dos Santos as hoof van die MPLA opgevolg.[17]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) François Soudan, Estelle Maussion (13 Februarie 2025). "João Lourenço: 'Dialogue is the only solution to peace in the DRC – including with M23'". The Africa Report. Besoek op 15 Februarie 2025.
  2. (en) "Sequeira João Lourenço, 1923–1999". My Heritage. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2017. Besoek op 24 Augustus 2017.
  3. (fr) "Angola : qui est Joao Lourenço, l'ancien général désigné comme successeur de Dos Santos ?". Jeune Afrique. 4 Februarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2022. Besoek op 23 Augustus 2017.
  4. (en) "Josefa Gonçalves Cipriano Lourenço (born Cipriano), 1928–1998". My Heritage. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2017. Besoek op 24 Augustus 2017.
  5. (fr) "Huíla: João Lourenço entre en pré-campagne". Agência Angola Press. 18 Februarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2017. Besoek op 23 Augustus 2017.
  6. (pt) "JOÃO LOURENÇO COMANDA CAMPANHA DO "M"". OPAÍS. 10 Februarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2017. Besoek op 31 Desember 2023.
  7. 7,0 7,1 7,2 (en) "Lourenco: Ex-general poised to be Angola's next leader" Geargiveer 23 Augustus 2017 op Wayback Machine, Agence France-Presse, 3 Februarie 2017.
  8. (en) "Angola's new 'president in waiting'". Deutsche Welle. 3 Februarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2019. Besoek op 18 Julie 2017.
  9. (en) Steven Mufson (21 Mei 2017). "After 37 years, Angola will get a new president. Can Joao Lourenco reduce widespread corruption?". The Washington Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2017. Besoek op 18 Julie 2017.
  10. (pt) Steven Mufson (18 Februarie 2017). "Quem é João Lourenço, o homem que irá suceder a José Eduardo dos Santos?". OBS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2017. Besoek op 23 Augustus 2017.
  11. (pt) Kumuênho da Rosa and João Dias, "João Lourenço é o candidato escolhido pelo MPLA" Geargiveer 1 Augustus 2017 op Wayback Machine, Jornal de Angola, 4 Februarie 2017.
  12. (en) "Dos Santos at the helm" Geargiveer 14 Oktober 2017 op Wayback Machine, IRIN, 17 Desember 2003.
  13. (en) "Who is Angola's new president Joao Lourenco? | Africa | DW | 26 September 2017". Deutsche Welle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2017. Besoek op 21 November 2017.
  14. (pt) "Angola: Presidente nomeia João Lourenço para ministro da Defesa Nacional". Agência Angola Press. 22 April 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2018. Besoek op 23 Augustus 2017.
  15. (pt) "Nova liderança no MPLA, João Lourenço é o novo vice-presidente" Geargiveer 19 Augustus 2017 op Wayback Machine, Voice of America, 23 Augustus 2016.
  16. (en) Herculano Coroado, "Angola's Dos Santos not up for re-election in 2017 – party document", Reuters, 3 Desember 2016.
  17. (en) "Ex-Angola president dos Santos quits last political post". Africanews. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 8 September 2018.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
José Eduardo dos Santos
President van Angola
2017–hede
Opgevolg deur
Ampsbekleër
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.