| |||||
Nasionale leuse: geen | |||||
Amptelike taal | Arabies, Somalies | ||||
Hoofstad | Garbahaarreey 03°21′N 42°16′O / 3.350°N 42.267°O | ||||
Grootste stad | Kismayo | ||||
Regering | Republiek Mohamed Abdi Mohamed | ||||
beset verklaar cliamed en beheer |
van Somalië 2010 opgeeis | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
87 000 km² (onbekend) byna geen | ||||
Bevolking - Soos op 2005 skatting - Soos op sensus - Digtheid |
1 300 000 (onbekend) 15/km² (onbekend) | ||||
BBP (PPP) - Soos op onbekend totaal - Per capita |
onbekend (onbekend) onbekend (onbekend) | ||||
Geldeenheid | Somali shilling (SOS )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
+3 (UTC+3) +3 (UTC+3) | ||||
Volkslied | Somalia Tosow | ||||
Internet-TLD | .so | ||||
Skakelkode | +252
| ||||
Jubaland (Arabies: جوبالاند, Somalies: Jubbaland Italiaans: Oltregiuba ), ook Azanië of Juba Valley, is sedert 2010 'n omstrede gebied in die suidelike deel van Somalië en was ook tussen 1998 en 1999 'n omstrede gebied. Die hoofstad is Garbahaarreey en die grootste stad is Kismaayo. Jubaland het 'n oppervlakte van sowat 137,712 km² en sowat 1 300 000 inwoners in 2005 gehad. Die gebied se oostelike grens lê 40–60 km oos van die Jubbarivier, wat strek van Gedo tot by die Indiese Oseaan, terwyl sy westelike kant die Noordoostelike Provinsie aan Kenia grens, wat gedurende die koloniale tydperk uit Jubaland gekerf is.[1]
Jubaland het 'n totale oppervlakte van 137,712 km2.[2][3] Die gebied bestaan uit die provinsies Gedo, Benede-Juba en Middel-Juba. Sy grootste stad is Kismayo, wat aan die kus naby die monding van die Jubbarivier geleë is. Bardera, Afmadow, Bu'aale, Luuq, Garbahareey en Beled Haawo is die streek se ander vernaamste stede.
Gedurende die Middeleeue het die invloedryke Somaliese Ajuran-sultanaat oor die gebied geheers, gevolg deur die Geledi-sultanaat. Hulle is later by Brits-Oos-Afrika ingelyf. In 1925 is Jubaland aan Italië afgestaan, wat 'n deel van Italiaanse Somaliland vorm. Op 1 Julie 1960 het die streek saam met die res van Italiaans Somaliland en Brits Somaliland deel geword van die onafhanklike Somaliese Republiek.
Jubaland was later die terrein van talle veldslae tydens die burgeroorlog. Aan die einde van 2006 het Islamitiese militante beheer oor die grootste deel van die streek verkry. Om besit van die gebied terug te eis, is 'n nuwe outonome administrasie genaamd Azanië in 2010 aangekondig en die volgende jaar geformaliseer. In 2013 is die Juba Tussentydse Administrasie amptelik gestig en erken. Dit is nou een van die vyf outonome administrasies in Somalië.
Die streek het waarskynlik in antieke tye 'n rol in wêreldhandel deur sy hawens gespeel. Talle dorpe aan die Juba het minstens sedert die Middeleeue bestaan, soos Bardera of die hawe van Kismayo. Tot in die 17de eeu was die streek deel van die Sultanaat van Ajuuraan, het vanaf 1836 onder die invloed van die Sultanaat van Muskat gekom en is by die Sultanaat van Zanzibar gevoeg toe dit op 19 Oktober 1856 verdeel is.
Zanzibar het op 7 November 1890 'n Britse protektoraat geword en het sy Oos-Afrikaanse besittings op 1 Julie 1895 aan Brittanje afgestaan. Die gebiede wes van die Jubarivier het dus aan Brits-Oos-Afrika behoort voordat dit in 1924 as Trans-Juba of Oltre Giuba na Italië oorgedra is en op 30 Junie 1926 by Italiaanse Somaliland ingelyf is. Trans-Juba het destyds 87 000 km² beslaan met 'n bevolking van 120 000 mense.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die gebied deur Britse troepe beset en was tot 1947 onder militêre administrasie. Vanaf 1947 tot Somalië se onafhanklikheid op 1 Julie 1960 was Jubaland deel van die Italiaanse Trustgebied van Somalië.
In die Somaliese burgeroorlog sedert 1991 is daar tussen verskeie strydende faksies oor Jubaland geveg. In Desember 1993 het krygsheer Siad Hersi Morgan Kismaayo ingeneem. Met sy SPM-Harti het hy op 3 September 1998 die onafhanklike staat Jubaland geproklameer, maar dit is deur geen anser staat erken nie. Siad Hersi en die SPM-Harti is in 1999 deur die opponerende Juba Valley Alliance (JVA) omvergewerp. Die JVA het op 18 Junie 2001 by die tussentydse regering van Somalië aangesluit, met Jubaland nou nominaal onder hul beheer. Gevegte het voortgegaan met Siad Hersi. In 2006 het die Unie van Islamitiese Howe die mag in Jubaland en baie ander dele van die land oorgeneem en die JVA verdryf. Ná die Unie se nederlaag deur internasionale troepe het radikale Islamitiese milisies onder Al-Sjabaab in die suide gevorm.
Vanaf 2010 het inwoners in die suide 'n nuwe sekulêre administrasie en stabiliteit in die streek begin soek. Uiteindelik, op 3 April 2011, het Somaliese politici die Republiek Azanië in die Keniaanse hoofstad Nairobi gestig.[4] Toe dit gestig is, is die outonome republieke in die noorde van die land, soos Puntland of Galmudug, as model geneem. Die eerste president van die nuwe republiek was Mohamed Abdi Gandhi, die voormalige minister van verdediging van Somalië.[5] Die naam Azanië, volgens Gandhi, is gekies vir sy historiese betekenis – oorspronklik is die Somaliese kus so deur Egiptiese matrose genoem weens die oorvloedige voorraad kos. In sy woordoorsprong beteken dit "land van oorvloed".[6]
Toe Jubaland in Oktober 2011 van Al-Sjabaab bevry is, het die streek voordeel getrek uit die Keniaanse operasie Linda Nchi (Afrikaans: verdedig die nasie), waarmee Kenia militêr in die burgeroorlog ingegryp het. Waarnemers het vermoed dat Kenia 'n buffersone via die Republiek Azanië wou oprig en invloed wou verkry oor die oliereserwes wat vermoedelik in die streek is.[7]
Afgevaardigdes by 'n "staatskonferensie" in Kismayo op 2 April 2013 het 'n voorlopige grondwet vir Jubaland aanvaar. [8] Op 15 Mei 2013 het 'n grondwetgewende vergadering Ahmed Mohamed Islam, bekend as "Madobe", as die nuwe president verkies. Hoewel Madobe, leier van die Ras Kamboni-milisie, suksesvol opgetree het teen militante wat na bewering met Al-Kaïda verbind is, is die voormalige krygsheer deur die regering in Mogadisjoe as ongewild beskou. Ure later het die voormalige oorlogdheer, Barre Hiirale, homself as die regmatige president van die streek verklaar,[9] maar het min ondersteuning gevind behalwe die welwillendheid van die sentrale regering.
Op 28 Augustus 2013 het die outonome regering 'n nasionale versoeningsooreenkoms met die Somaliese federale regering onderteken. Die ooreenkoms is deur Ethiopië bemiddel en het bepaal dat Jubaland vir die volgende twee jaar deur 'n tussentydse regering onder Ahmed Mohamed Islam regeer sal word. Beheer van die Kismayo-hawe en -lughawe sal vroeg in 2014 in ruil aan die federale regering oorhandig word, met opbrengs wat vir openbare dienste en instellingsbou in Jubaland geoormerk is. Die ooreenkoms maak ook voorsiening vir die integrasie van die streek se militêre magte in die Somaliese weermag, terwyl die tussentydse regering beheer oor die streekpolisiemag behou.[10] Verteenwoordigers van die AU, VN, EU en IGAD was ook teenwoordig by die ondertekening.[11] Die VN se spesiale gesant vir Somalië, Nicholas Kay, het die ooreenkoms 'n "deurbraak wat die deur oopmaak na 'n beter toekoms vir Somalië" genoem.[12]
Jubaland het 'n totale bevolking van ongeveer 2,5 miljoen inwoners met die meerderheid wat uit die Darood-stam kom, ook is daar Rahanweyn-, Hawiye- en Dir-stamme teenwoordig. Vanaf 2005 het die samestellende administratiewe streke van Gedo, Laer-Juba en Middel-Juba onderskeidelik 'n geskatte 328 378, 385 790 en 238 877 inwoners gehad [2] Hoofsaaklik van Rahanweyn-, Hawiye-, Dir- en Darood-stamme [13]
Lugvervoer in Jubaland word deur 'n aantal lughawens bedien. Dit sluit die Bardera-lughawe, Garbaharey-lughawe en Kismayo-lughawe in.
Jubaland se drie samestellende administratiewe streke is: