Judith Bluma-Gittel Krantz | |
---|---|
Gebore | Judith Bluma-Gittel Tarcher 9 Januarie 1928 |
Sterf | 22 Junie 2019 (op 91) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Alma mater | Wellesley-kollege |
Beroep | Romanskrywer |
Eggenoot | Steve Krantz (1954–2007; sy dood) |
Kinders | 2 seuns: Tony en Nicholas Krantz |
Ouer(s) | Mary Braeger en Jack D. Tarcher |
Judith Bluma-Gittel Krantz (née Tarcher; 9 Januarie 1928 – 22 Junie 2019) was 'n Amerikaanse romanskryfster.
Sy het skool gegaan in 'n privaat skool in New York waar die TV-persoonlikheid Barbara Walters een van haar beste vriendinne was. Na skool het sy kreatiewe skryfwerk studeer en gegradeer. Na universiteit het sy eers as 'n mode joernalis in Parys by Good Housekeeping en daarna by Cosmopolitian in Amerika gewerk. Sy het eers op 50 begin skryf en op 70 opgehou, nadat sy tien romans gepubliseer het.
Sy sterf op 22 Junie 2019 in haar huis in Bel Air, Los Angeles. Sy word oorleef deur twee seuns, Tony en Nicholas en twee kleinkinders. Haar man, Steve, het haar in 2007 ontval.