Die plante kan in gematigde streke gekweek word en kan selfs strawwe ryp verduur. Binnenshuise plante kan glad nie saad ontwikkel nie omdat die jukka net deur ’n sekere soort mot in hul natuurlike habitat bestuif kan word.
Hoewel dit tot 9 meter hoog en 4,5 meter breed kan word, is dit meestal sowat 6 meter hoog. Dit kan ’n dik, enkele stam hê, of verskeie stamme wat uit ’n dik basis loop wat soos ’n olifantpoot lyk.[3][4] Die blare is styf, puntig en tot 1,2 meter lank.
In die somer word wit blomme gevorm, gevolg deur bruin, vlesige vrugte wat ovaalvormig en tot 2,5 cm lank is.[3]
Die blomme word as bestanddele in resepte gebruik vanweë hul bitter smaak. Die plante word dikwels as huisplante gekweek, en ook op koffieplase om gronderosie teen steil hange te voorkom.
↑"Taxon: Yucca guatemalensis Baker". Germplasm Resources Information Network (GRIN). United States Department of Agriculture, Agricultural Research Service, Beltsville Area. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2012. Besoek op 6 Februarie 2008.
↑ 3,03,1Edward F. Gilman and Dennis G. Watson. "Yucca elephantipes"(PDF). Environmental Horticulture, Florida Cooperative Extension Service, Institute of Food and Agricultural Sciences, University of Florida. Besoek op 19 Februarie 2014.