Junkers Ju 52 | |
---|---|
Tipe | Bomwerper
Passersiersvliegtuig Vragvliegtuig |
Vervaardiger | Junkers |
Nooiensvlug | Oktober 1930 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Luftwaffe Suid-Afrikaanse Lugdiens Lufthansa |
Met die bynaam ‘Tante Ju’, of "Tannie Ju," was die Junkers Ju 52/3m die mees suksesvolle Europese vliegtuigontwerp[1]. Die Junkers Ju 52 is 'n driemotorige passesiersvliegtuig wat ontwerp is vir Lufthansa in Duitsland. Dit is toe later ook gebruik as 'n bomwerper en vragvliegtuig wat deur die Luftwaffe gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Die vliegtuie kon 17 passasiers of 3 ton vrag elk vervoer en het goeie diens gelewer na lughawens met kort aanloopbane. In die 1930's, het meeste lugrederye in Europa en Suid-Amerika die vliegtuie gebruik. ‘n Total van 4,835 Ju 52/3ms is gebou, insluitend 170 wat onder lisensie in Spanje vervaardig is deur Construcciones Aeronauticas (CASA), en 400 in Frankryk deur Ateliers Aeronautiques de Colombes[2].
Die Ju-52/3M is ook deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik tussen 1934 en 1939 waarna al vyftien vliegtuie aan die Suid-Afrikaanse Lugmag gegee is vir diens in die Tweede Wêreldoorlog [3]. Die vliegtuie is toe deur die lugmag gebruik tot die einde van die oorlog as vervoer vir vrag en troepe.
Een Ju-52/3M, alhoewel 'n Spaanse weergawe (CASA-352), is operasioneel met die Suid-Afrikaanse Lugdiens Museum in Germiston op die Oos-Rand.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 3 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | BMW 132T Stermotors |
Kraglewering per motor | 830 perdekrag |
Vlerkspan | 29,25 m |
Lengte | 18,90 m |
Hoogte | 4,50 m |
Maks. opstyg massa | 11 030 kg |
Maks. snelheid | 305 km/h op 2,500 m |
Operasionele hoogte | 5 500 m |
Togafstand met maks. bomvrag
(1 000 kg.) |
1 300 km |
Bewapening | Een 13 mm MG 131 masjiengeweer en twee 7.9mm MG 15 masjiengewere. |