Jurassic Park | |
---|---|
'n Skeletdiagram uit 1917 van Tyrannosaurus, gepubliseer deur Henry Fairfield Osborn. Dit was die basis van die boek se voorblad en daarna die logo van die flieks.[1] | |
Regisseur | Steven Spielberg |
Vervaardiger |
|
Draaiboek |
|
Met | |
Musiek deur | John Williams |
Kinematografie | Dean Cundey |
Redigeerder | Michael Kahn |
Ateljee |
|
Verspreider | Universal Pictures |
Uitgereik | Junie 1993 |
Speeltyd | 127 minute[2] |
Land | VSA |
Taal | Engels |
Opgevolg deur | The Lost World: Jurassic Park (1997) |
IMDb-profiel |
Jurassic Park is 'n Amerikaanse wetenskapsfiksierolprent van 1993[3] wat deur Steven Spielberg geregisseer en deur Kathleen Kennedy en Gerald R. Molen vervaardig is. Die akteurs sluit in Sam Neill, Laura Dern, Jeff Goldblum en Richard Attenborough. Dit is die eerste prent in die Jurassic Park-franchise en in die oorspronklike Jurassic Park-trilogie. Dit is geskoei op die roman deur Michael Crichton met dieselfde naam van 1990, en die draaiboek is deur Crichton en David Koepp geskryf.
Die rolprent speel af op die fiktiewe eiland Isla Nublar, naby Costa Rica, waar die ryk sakeman John Hammond (Attenborough) en 'n span genetiese wetenskaplikes 'n natuurpark geskep het met dinosourusse wat lewend herskep is. Toe nywerheidsobotasie lei tot die rampspoedige afsit van die park se kraggeriewe en veiligheidsmaatreëls het 'n groep besoekers, insluitende Hammond se kleinkinders, 'n stryd om op die nou lewensgevaarlike eiland te oorleef.
Verfilming het van Augustus tot November 1992 in Kalifornië en Hawaii plaasgevind en die naproduksie het tot Mei 1993 geduur onder toesig van Spielberg in Pole terwyl hy Schindler's List geskiet het. Die dinosourusse is geskep met innoverende rekenaargeskepte beelde, met lewensgroot dinosourusse wat geskep is deur die span van Stan Winston. Vir die klanke, wat 'n mengsel van verskeie dieregeluide ingesluit het, het Spielberg belê in 'n maatskappy wat in digitale omringklankformate spesialiseer.
Jurassic Park se première was op 9 Junie 1993 in Washington, D.C.. Dit was 'n groot treffer, wat meer geïn het as Spielberg se eie E.T. the Extra-Terrestrial, en het die meeste geld by die loket verdien tot met die uitreiking van Titanic in 1997.[4] Die prent het ook uitstekende resensies gekry, met lof vir sy spesiale effekte, klanke, aksie, John Williams se musiek en Spielberg se regie.[5] Dit het meer as 20 pryse gewen, onder andere drie Oscars. Ná sy heruitreiking in 2013 ter herdenking van sy 20ste bestaansjaar, het Jurassic Park die oudste rolprent in die geskiedenis geword wat $1 miljard in kaartjieverkope verbygesteek het.
Jurassic Park se rekenaargeskepte beelde het die weg gebaan vir spesiale-effekpraktyke in die moderne rolprentwese. Die prent het 'n multimediafranchise tot gevolg gehad wat insluit vyf opvolgprente, The Lost World: Jurassic Park (1997), Jurassic Park III (2001), Jurassic World (2015), Jurassic World: Fallen Kingdom (2018) en Jurassic World Dominion (2022); 'n televisiereeks; videospeletjies; en strokiesverhale.