Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Jussie Smollett | |
Geboortenaam | Justin Smollett[1][2] |
---|---|
Geboorte | 21 Junie 1982 |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur en vervaardiger |
Aktiewe jare | 1991–nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Jussie Smollett (gebore 21 Junie 1982) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Mighty Ducks (1992) en Alien: Covenant (2017), en in die televisiereeks Empire (2015).
Op 20 Februarie 2019 word Smollett van wanordelike gedrag aangekla. Hy sou na bewering twee Nigeries-Amerikaanse broers betaal om 'n haatmisdaad op hom na te maak en daarna 'n onware polisieverklaring aflê.[3] Smollett se regspan het op 26 Maart 2019 'n skikking met aanklaers bereik, ingevolge waarvan alle aanklagte teen hom laat vaar is in ruil daarvoor dat Smollett gemeenskapsdiens opgelê word en hy sy $10 000 borg verbeur.[4] Op 27 Maart 2019 kondig die Federal Bureau of Investigation (FBI) aan dat dit ondersoek sou instel oor waarom die aanklagte laat vaar is.[5]