Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Finland |
Landskap | Tavastland |
Provinsie | Sentraal-Finland |
Koördinate | 62°14′N 25°44′O / 62.233°N 25.733°O |
Gestig op | 22 Maart 1837 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 466,35 vk km[1] |
- waarvan land | 1 170,97 vk km |
Hoogte bo seevlak | m |
Bevolking: | |
- Totaal (2022) | 145 887[2] |
- Bevolkingsdigtheid | 99,5/vk km |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 3,8 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −7,3 / 16,7 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 622 mm |
Burgemeester | Timo Koivisto |
Amptelike webwerf | jyvaskyla.fi |
Jyväskylä (Fins: [ˈjyʋæsˌkylæ], ) is 'n stad en munisipaliteit in Sentraal-Finland en ook dié administratiewe streek se hoofstad. Met 'n oppervlakte van 1 466,35 vierkante kilometer en 'n bevolking van 145 887 (2022) is dit die sewende grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo), Tampere (Tammerfors), Vantaa (Vanda), Oulu (Uleåborg) en Turku (Åbo).
Jyväskylä lê sowat 150 km noordoos van Tampere en sowat 270 km noord van Helsinki. Dit is die grootste stad in Sentraal-Finland, 'n streek wat vir sy baie mere bekend is. In die stad is die Universiteit van Jyväskylä geleë.
Op 22 Maart 1837 is Jyväskylä amptelik gestig, toe die Russiese tsaar en groothertog van Finland, Nikolaas I, die stad se handves onderteken het.[3] In die 20ste eeu was Jyväskylä een van die snelsgroeiende stede in Finland.