KV50 | ||
Die begraafplek van diere | ||
![]() | ||
'n Gemummifiseerde hond en aap (Egiptiese Museum, Kaïro). | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | Januarie 1906 | |
Uitgrawings deur | Edward R. Ayrton | |
← Vorige KV49 Volgende →
KV51 |
KV50 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Uitgrawings is in 1906 deur Edward R. Ayrton gedoen. Saam met KV51 en KV52 vorm dit 'n groep bekend as die "Dieregrafte". Dit bevat die mummies van 'n hond en aap en hou moontlik verband met die nabygeleë grafkelder van Amenhotep II (KV35).[1]
Die grafkelder lê naby KV49, in die syvallei wat na KV35 lei. KV50 was die eerste van 'n groep van drie grafkelders wat deur Edward R. Ayrton ontdek is in sy uitgrawings van dié deel van die vallei namens die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis. Die ingang was onder 'n hoop afval begrawe.[2]
Die grafkelder het bestaan uit 'n skag van 3,7 meter diep en 1,2 meter breed. Ayrton het opgemerk die graf is in antieke tye beroof, maar uit fragmente van hout lyk dit of daar eens 'n kis in was. Geen teken van die eienaar se naam is gevind nie. Die graf het net twee mummies teen die een muur bevat: van 'n hond en 'n aap.[2] Dit lyk of die grafkelder saam met KV51 en KV52 die begraafplek van koninklike troeteldiere was.[3]
Uitgrawings het in 2009-'10 weer in die gebied plaasgevind deur 'n span onder Zahi Hawass en Ahmed el-Leithy in 'n poging om KV50, KV51, KV52 en KV53 weer op te spoor. In dié uitgrawings is erdewerk, werktuie en fragmente van erdewerk uit die 18de Dinastie ontdek. Dit bevat onder meer 'n skets van 'n sittende koningin, sekstonele met vroue en diere, en cartouches van Ramses II.[4]