KV6 | ||
Grafkelder van Ramses IX | ||
'n Muur in die grafkamer. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | Oop in antieke tye | |
Uitgrawings deur |
| |
← Vorige KV5 Volgende →
KV7 |
KV6 is die grafkelder van Ramses IX in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Hy was 'n farao van die 20ste Dinastie. Dit lyk egter of die grafkelder met sy dood nog onvoltooi was en dat dit vinnig klaargemaak is deur baie kortpaaie te kies.
Die grafkelder is in die sentrale deel van die vallei geleë. Sy buitengewoon breë ingang lê tussen, en effens bo, twee ander: KV5 en KV55. Ná die ingang loop KV6 sowat 105 meter in die heuwel in. Dit begin met 'n poort en 'n vlak aflopende gang na drie opeenvolgende gange. Die eerste hiervan het twee kamers aan elke kant, maar hulle is nie voltooi nie.
Aan die einde van die gange is drie kamers. Die eerste is versier met die Mondopeningseremonie. Die tweede kamer het vier groot pilare, maar dit is nie voltooi nie. Ná dié kamer kom die grafkamer, waar die koning se sarkofaag gestaan het. Die plafon het pragtige skilderings van die godin Noet. Teen die mure is tonele van die Boek van Grotte en Boek van die Aarde.
Hoewel die sarkofaag lank gelede reeds verdwyn het, is Ramses IX se mummie een van dié wat in 1881 by Deir el-Bahri in 'n mummiestoorplek (grafkelder DB320) gevind is.