KV65 | ||
Die grafkelder van 'n onbekende | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | 2018 | |
Uitgrawings deur | Zahi Hawass (2018-'22) | |
← Vorige
KV64 |
KV65 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is in 2018 deur 'n span onder leiding van die Egiptoloog Zahi Hawass ontdek, en is in 2019 aangekondig.[1][2]
Die grafkelder bestaan uit 'n aflopende, reghoekige put van dieselfde grootte as die ingange van grafkelders uit die 18de Dinastie. Dit het 'n verskeidenheid voorwerpe bevat soos bougereedskap, stukke tou, dierebene, leer, erdewerk en kosoorblyfsels. Dit kon 'n stoorplek gewees het vir die oorblyfsels van 'n begrafnisfees en balsemingsmateriaal, nes die een van Toetankamen (KV54).[3]
Die ontdekking van 'n grafkelder met die naam KV65 is al in Augustus 2008 aangekondig. Daar is gesê die ingang lyk soos een uit die 18de Dinastie, maar niks is gesê oor die uitleg, versiering of die eienaar nie.[4][5]