"Ka Mate" is 'n Maori haka wat deur Te Rauparaha, krygshoof van die Ngati Toa stam van die Noord-Eiland van Nieu-Seeland gekomponeer is. Te Rauparaha het die Ka Mate geskryf as 'n viering van lewe oor dood (Pōmare 2006) na sy ontsnapping vanuit die kloue van die Ngati Maniapoto en Waikato vyandelike stamme. Hy het vir hulle weggekruip in 'n put wat gebruik is vir die opgaar van kos en toe hy daaruit klim is hy deur 'n goedgesinde stamhoof Te Whareangi (die harige man) tegemoet gekom.
Ka Mate is die alombekende haka wat die Nieu-Seelandse nasionale rugbyspan, die All Blacks tradisioneel voor toetswedstryde opvoer. Sedert 2005 het die All Blacks af en toe 'n ander haka opgevoer naamlik die Kapa o Pango.
Die haka soos deur Te Rauparaha gekomponeer is begin met die kreet:
Wat dan deur die hoofkreet van die haka opgevolg word:
Ka mate, ka mate! ka ora! ka ora!
Ka mate! ka mate! ka ora! ka ora! Tēnei te tangata pūhuruhuru Nāna nei i tiki mai whakawhiti te rā Ā, upane! ka upane! Ā, upane, ka upane, whiti te ra! |
Dis dood! Dis dood! (of: Ek mag sterf) Dis lewe! Dis lewe (of: Ek mag lewe)
Dis dood! Dis dood! Dis lewe! Dis lewe Hierdie harige man wat hier staan .... …wat die son bring en dit gemaak skyn het Nog 'n tree vorentoe, nog 'n tree vorentoe! 'n Tree vorentoe, nog een... die Son skyn! |
Wikisource bevat oorspronklike teks in verband met |