'n Kaap (vanuit Latyn caput: kop, hoof, piek) of landhoof is 'n gewoonlik hoë, dun stuk land wat vanaf 'n kuslyn in 'n waterliggaam soos 'n rivier, meer of oseaan steek.[2][1] Kape is klein skiereilande, maar die meeste aardrykskundiges beskou 'n skiereiland as groter as 'n kaap.[1] Só is byvoorbeeld beide die Kaap die Goeie Hoop en Kaappunt kape wat op die Kaapse Skiereiland geleë is.[1]
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Kape. |