Kaapse koloniale parlement

Opening van die eerste Kaapse Koloniale parlement.

Die Parlement van die Kaap die Goeie Hoop het as die wetgewer van die Kaapkolonie gefunksioneer vanaf die stigting in 1853, tot die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910. Die Parlement van die Kaap die Goeie Hoop het hierna ontbind en die Parlement van Suid-Afrika is gestig. Dit het bestaan uit die Volksraad en die wetgewende raad.