Algemeen | |
---|---|
Naam | Kadmiumchloried |
Chemiese formule | CdCl2 |
Molêre massa | 183,32 [g/mol] [1] |
CAS-nommer | 10108-64-1[1] |
Voorkoms | wit poeier[1] |
Reuk | reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | ah = 384,59(1)pm ch = 1749,31(4)pm[2] |
Ruimtegroep | R3m[3] |
Nommer | 166 |
Strukturbericht | C19 |
Smeltpunt | 568 °C [1] |
Kookpunt | 960 °C [1] |
Digtheid | 4,08 [g/cm3][1] |
Oplosbaarheid | >100 [g/L][1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 88 [mg/kg] (oraal; rot) [1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kadmiumchloried is 'n sout van kadmium en waterstofchloried met formule CdCl2.
Dit is 'higroskopiese stof wat hidrate vorm. [1]
Kadmiumchloried kristalliseer in 'n gelaagde romboëdriese struktuur wat die argetipe van die C19-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[4] Die struktuur is gebaseer op 'n kubiese digpakking van die chlooratome (...ABCABC...). Die kadmium atome vul die helfte van die oktaëderholtes. Dit is vergelykbaar met die kadmiumjodied-struktuur (oftwel die magnesiumhidroksied- of brusiet-struktuur C6), maar hierdie struktuur is op heksagonale dikpakking gebaseer (...ABABAB...) Beide strukture word gekenmerk deur X-Cd-X-toebroodjielae wat slegs deur vanderWaalsinteraksies bymekaar gehou word. Dit beteken dat die pakmodus kan verskil van die ideale ABABAB- of ABCABC-patrone en politipes maklik gevorm kan word.[5]
Kadmiumchloried word geproduseer deur teen 600 °C gesmelte kadmium met chloorgas te laat reageer of deur kadmiummetaal of die oksied, karbonaat, sulfied of hidroksied in soutsuur op te los en hierdie oplossing vervolgens in te damp om gehidrateerde kristalle te verkry. Die watervrye kadmiumchloriedsout kan verkrt word deur die hidraat onder terugvloei met tionielchloried te verhit of in 'n waterstofchloriedatmosfeer te kalsineer.[6]
Kadmiumchloried word gebruik in elektroplatering, drukwerk, fotokopiëring, kleur, spieëls, vakuumbuise, smeermiddels, analitiese chemie en as 'n chemiese middel om kadmiumbevattende pigmente en stabiliseerders te vervaardig.[1]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)