Kali | |
---|---|
![]() Samhara Kali, deur Raja Ravi Varma. Sy was een van die 10 Mahavidyas. | |
Godin van tyd, skepping, vernietiging, krag | |
Devanagari | काली |
Affiliasie | Mahakali, Mahavidyas, Devi, Adi Parashakti, Parvati |
Woonplek | Verassingsterreine, Manidvipa |
Wapen | Drietandvurk, swaard |
Metgesel | Shiva |
Kali (Sanskrit: काली Kālī), ook bekend as Kalika (Sanskrit: कालिका Kālikā), is ’n godin in Hindoeïsme. Sy is die hoof van die Mahavidyas, ’n groep van 10 tantriese godinne wat elk ’n ander aspek van die moedergodin Parvati verteenwoordig. Sy is 'n vegtergodin wat bose magte vernietig.
Kali se vroegste verskyning is as ’n verwoester van bose magte. Sy is die kragtigste vorm van Shakti en vernietig die bose om die onskuldiges te beskerm. Met verloop van tyd is sy deur bewegings en sektes aanbid as die moedergodin, moeder van die heelal, Adi Shakti of Adi Parashakti.[1][2][3] Hindoes van Shaktisme en tantriese sektes aanbid haar ook as die opperste werklikheid, of Brahman.[3]
Sy word ook beskou as die goddelike beskermer en die een wat moksha, of bevryding, bewerkstellig.[1] Kali word dikwels uitgebeeld waar sy op haar metgesel, Shiva, staan of dans terwyl hy stil op die grond lê. Kali word deur Hindoes dwarsdeur Indië en Nepal aanbid.[4]
Kālī is die vroulike vorm van "tyd" (kāla), en as uitbreiding tyd as die "veranderende aspek van die natuur wat dinge laat lewe en doodgaan". Ander name vir haar sluit in Kālarātri ("die swart nag") en Kālikā ("die swart een").[5]
Die homoniem kāla ("tyd") is nie dieselfde as kāla ("swart") nie, maar dit het verbind geraak deur gewilde etimologie. Sy word ook genoem Kali Mata ("die donker moeder"). Volgens Cuburn kan Kali beskou word as óf ’n eienaam óf die beskrywing "die donkerblou een".[5] Die manlike vorm, Kala, is ook ’n ander naam vir Shiva, haar metgesel.[6]