Kaliningrad-oblast Калининградская область (ru) Kaliningrado sritis (lt) Obwód kaliningradzki (pl) Kaliningrader Gebiet (de) | ||||
Die ligging van Kaliningrad-oblast in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Noordwestelike | |||
Ekonomiese streek | Kaliningrad | |||
Stigting | 7 April 1946 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Kaliningrad | |||
Leier | Nikolai Tsoekanof[1] | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Wetgewende Raad | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 941 873 | |||
Volgorde | 56ste | |||
Digtheid | 62,38/km2 | |||
Stedelik | 77,6% | |||
Plattelands | 22,4% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 15 100 km2 | |||
Volgorde | 76ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 39, 91 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://gov39.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
|
Kaliningrad-oblast (Russies: Калининградская область, Kaliningradskaja oblast) is die mees westelike en ook die kleinste deelgebied van Rusland met 'n oppervlakte van 15 125 km2 (0,1% van die totale oppervlakte van die Russiese Federasie) en 'n bevolking van 941 000 (2010).[2] In Rusland word na die gebied vanweë sy beduidende voorkomste aan barnsteen dikwels ook as "Barnsteenland" (Russies: Янтарный Край) verwys.
Die administratiewe sentrum van die oblast is Kaliningrad (vroeër Königsberg/Koningsberg). Die gebied behels die noordelike derde van die voormalige Pruisiese provinsie Oos-Pruise (dit wil sê die provinsie se voormalige grondgebied met die uitsondering van die Memelland, Ermland, Masoere en Oberland/Prusy Górne). Dit grens in die noorde aan Litaue en in die suide aan Pole; die kuslyn aan die Oossee strek oor 'n afstand van 140 km. Die gebied is 'n Russiese eksklawe wat naas Pole en Litaue ook deur die grondgebied van Letland en Wit-Rusland van die res van die Russiese Federasie afgesny is. Die belangrikste landverbinding met die Russiese kerngebied loop deur Litaue en Belarus.
As setel van die Oosseevloot speel die gebied 'n beduidende rol in Rusland. Ongesuiwerde industriële afloopwater uit die oblast skep 'n omgewingsvraagstuk vir die strandmeer Koerse Haf wat gedeeltelik op Litause grondgebied lê.