Algemeen | |
---|---|
Naam | Kaliumchloried |
Sistematiese naam | Kaliumchloried |
Chemiese formule | KCl |
Molêre massa | 74,55 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7447-40-7[1] |
Voorkoms | Wit vastestof |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=628 pm[2] |
Ruimtegroep | Fm3m; F4/m 3 2/m |
Nommer | 225 |
Schönfliess-simbool | O5h |
Strukturbericht | B1 |
Smeltpunt | 770 °C[1] |
Kookpunt | 1500 °C[1] |
Digtheid | 1,98 (rel) @ 25 °C[1] |
Oplosbaarheid | oplosbaar in water[1] 4,844 mol/kg water @300K[3] |
Brekingsindeks | 1,48814 @ 632,8 nm[4] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
LD50 | 3,020 [mg/kg][1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kaliumchloried (KCl) is 'n ionogene verbinding van kalium en chloor. Dit is 'n sout van kaliumhidroksied (KOH) en soutsuur (HCl). Dit kom in die natuur voor as die mineraal silviet.
Dit is 'n diamagnetiese isolator met 'n direkte bandgaping van 5,03 eV[2]
Kaliumchloried het die kubiese NaCl-tipe struktuur (B1 in die strukturbericht-klassifikasie). Tussen 505 °C en 675 °C kan die twee soute oor die hele samestellingsgebied mengkristalle vorm, maar 505 °C is 'n kritiese punt en onder hierdie temperatuur open hom 'n fasegaping.[5]
Kaliumchloried is heeltemal deursigtig in die infrarooi gebied van die elektromagnetiese spektrum en word vir optiese elemente soos lense, vensters en prismas aangewend. Die stof is nogtans higroskopies en moet vir die vog van die lug behoed word.[6] Die sout word in voeding en medisyne en as 'n elektroliet in binneaarse infusies gebruik. Dit is ook 'n grondstof vir die vervaardiging van ander chemiese produkte en dit word as kunsmis gebruik. Die land wat in 2021 die meeste kaliumchloried uitgevoer het, was:[7]
Land | miljard $ |
---|---|
Kanada | 5,99 |
Rusland | 3,42 |
Belarus | 2,6 |
Duitsland | 1,2 |
Israël | 0,802 |
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)