Algemeen | |
---|---|
Naam | Kaliumtiosianaat |
Chemiese formule | KSCN |
Molêre massa | 97,18 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 333-20-0[1] |
Voorkoms | kleurlose kristalle[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | 666pm; 663,5pm; 758pm [2] |
Ruimtegroep | Pbcm |
Nommer | 57 |
Strukturbericht | F5₉ |
Smeltpunt | 173 °C[1] |
Kookpunt | (ontbind) 500 °C[1] |
Digtheid | 1,9 [g/cm3[1] |
Oplosbaarheid | oplosbaar[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 854 [mg/kg] (oraal; rot) 594 [mg/kg] (oraal; muis)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kaliumtiosianaat of soms kaliumrodanaat is 'n sout van kalium en tiosiaansuur (HSCN).
Die stof is higroskopies en vervloei maklik in vogtige lug.[1]
Kaliumtiosianaat kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe van die F59-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die struktuur bevat lineêre tiosianaatione (SCN−).
Kaliumtiosianaat word gevorm as swael in gesmelte kaliumsianied opgelos word.[3]
Dit word as reagens in die analitiese chemie, as korrosie-inhibeerder in die waterbehandelingsindustrie, as 'n intermediêre in die vervaardiging van plaagdoders in die landbou, as sensibiliseerder en stabiliseerder in die fotografiese industrie, en vir die ontginning van hafnium, sirkonium, torium en seldsame aardes in die metallurgie gebruik.[4]
Oplossings van kaliumtiosianaat word gebruik in die titrasie volgens Volhard wat gebruik word om die konsentrasie van chloriedione met silwer te bepaal. Silwerisosianaat gee 'n kleurlose neerslag, byvoeging van 'n klein hoeveelheid yster as 'n aanduider gee 'n dieprooi kleur.[5]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)