Algemeen | |
---|---|
Naam | Kalsiumkarbonaat |
Chemiese formule | CaCO3 |
Molêre massa | 100,09 [g/mol] [1] |
CAS-nommer | 471-34-1[1] |
Voorkoms | Wit vastestof |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=4,989; c=17.062 Å; (heks.) Z=6 (kalsiet)[2]
a=4,959; b=7.968; c=5,741 Å; Z=4 (aragoniet)[2] |
Ruimtegroep | romboedries R͞3c (kalsiet)[2]
ortorombies Pmcn (aragoniet) [2] |
Nommer | 167 |
Smeltpunt | 825 °C [1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 2,7-2,9 (rel) [1] |
Oplosbaarheid | 13 [mg/L][3] |
Ksp | 2,8 10-9[4] |
Brekingsindeks | dubbelbrekend (kalsiet) no=1.6557, ne=1.4852 @630nm[5] |
Hardheid | 3 Mohs (kalsiet)[5] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
LD50 | 6450 [mg/kg] (oraal in rotte) [1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kalsiumkarbonaat is 'n kalsiumsout van koolsuur. Die stof se chemiese formule is CaCO3.
Dit is 'n algemene stof wat in gesteentes voorkom as die minerale kalsiet en aragoniet, veral in kryt en kalksteen, eierdoppe, buikpotige skulpe, skulpvisskelette en pêrels.
Kalsiumkarbonaat word al baie eeue in die bounywerheid gebruik, byvoorbeeld in portlandsement.
Kalsiumkarbonaat kan vorm uit ongebluste kalk en koolstofdioksied
Of uit gebluste kalk en koolstofdioksied:
In aanwesigheid van water kan kalsiumkarbonaat self verder reageer met koostofdioksied om kalsiumbikarbonaat te vorm
Omrede die bikarbonaat beter oplosbaar is as die karbonaat kan hierdie reaksie tot verwering lei van gesteentes soos kryt wat uit kalsiumkarbonaat bestaan. Die opgeloste kalsiumbikarbonaat kan in die grondwater deursyfer en in grotte druipsteen vorm, as stalagmiete en stalaktiete, soos dit gebeur in Suid-Afrika se Kangogrotte.[6]
Groot kristalle van kalsiet kom in die natuur voor, veral op Ysland. In die sigbare en naby-infrarooigebied is hulle deursigtig, maar sterk dubbelbrekend. Die kristal is negatief eenassig en dit word toegepas as polariseerder in hierdie golflengtegebied.[5] Dit is moontlik om kwartgolflengteplaatjies daaruit te maak wat liniêrgepolariseerde lig omsit in sirkulêrgepolariseerd.