Kamelia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | Camellia |
Spesies | |
Sowat 100–250, sien teks | |
Sinonieme | |
Thea |
Die kamelia of Camellia is ’n genus blomplante in die familie Theaceae. Hulle is inheems aan Oos- en Suid-Asië, van die Himalaja oos van Japan en Indonesië. Daar is 100–250 spesies; daar word verskil oor die presiese getal. Die genus is deur Linnaeus genoem na die Tsjeggies gebore Jesuïtiese apteker en sendeling Georg Kamel, hoewel dié nooit ’n kamelia beskryf het nie.
Een van die bekendste spesies is C. sinensis, waarvan tee gemaak word. Die sierplante Camellia japonica, Camellia oleifera en Camellia sasanqua en hul hibriede het verskeie kultivars.
Kamelias is immergroen struike of klein bome van tot 20 m hoog. Hul blare is teenstandig, eenvoudig, dik, gesaag en gewoonlik blink. Hul blomme is meestal groot en opvallend, 1-12 cm breed en met 5-9 kroonblare in natuurlike spesies.
Die blome wissel van wit tot rooi; ware geel blomme word net in Suid-China en Viëtnam aangetref. Hulle het opvallende geel meeldrade, wat dikwels uitstaan teen die kleur van die kroonblare.[1][2] Die sogenaamde "vrug" van die kamelia is ’n droë kapsule wat soms in vyf kamers verdeel is, met tot agt sade per kamer.
Die verskeie spesies kamelias is gewoonlik goed aangepas by suur grond wat ryk is aan humus, en die meeste spesies hou nie van alkaliese grond nie. Hulle het gewoonlik baie water nodig en groei dikwels vinnig – sowat 30 cm per jaar tot ’n volwasse ouderdom, hoewel dit wissel van variëteit tot variëteit en van gebied tot gebied.
Kamelias word vandag as sierplante gekweek vir hul blomme: sowat 3 000 kultivars en hibriede word erken, baie met dubbele en halfdubbele blomme. C. japonica is die bekendste spesie, met meer as 2 000 kultivars.
Van die kultivars is:
Naam | Kruising tussen | Grootte | Blomkleur | Soort blom | Verw. |
---|---|---|---|---|---|
'Cornish Snow' | cuspidata × saluenensis | 4 m² | wit | enkel | [3] |
'Cornish Spring' | cuspidata × saluenensis | 4 m² | pienk | enkel | [4] |
'Francie L' | reticulata × saluenensis | 64 m² | pienk | dubbel | [5] |
'Freedom Bell' | × williamsii | 6,5 m² | rooi | halfdubbel | [6] |
'Inspiration' | reticulata × saluenensis | 10 m² | pienk | halfdubbel | [7] |
'Leonard Messel' | reticulata × saluenensis | 16 m² | pienk | halfdubbel | [8] |
'Royalty' | japonica × reticulata | 1 m² | ligrooi | halfdubbel | [9] |
'Spring Festival' | × williamsii, cuspidata | 10 m² | pienk | halfdubbel | [10] |
'Tom Knudsen' | japonica × reticulata | 6,3 m² | dieprooi | dubbel | [11] |
'Tristrem Carlyon' | reticulata | 10 m² | pienk | dubbel | [11] |
|
|
|