Kenteken van die Kampioenetrofee 1998 | |
Datums | 24 Oktober – 1 November |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Uitklopfase |
Gashere | Bangladesj |
Kampioen | Suid-Afrika (1ste titel) |
Naaswenner | Wes-Indië |
Deelnemers | 9 |
Wedstryde gespeel | 8 |
Speler van die reeks | Jacques Kallis |
Meeste lopies | Philo Wallace (221)[1] |
Meeste paaltjies | Jacques Kallis (8)[2] |
← Geen 2000 → |
Die Kampioenetrofee 1998 (Engels: 1998 ICC KnockOut Trophy) is van 24 Oktober tot 1 November 1998 in Bangladesj beslis. Dit was die eerste Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die Asiatiese Beker 1988 die tweede vername kriekettoernooi in Bangladesj. Destyds is na dié toernooi as die Uitkloptrofee 1998 (KnockOut Trophy 1998) verwys, maar sedert die 2002-toernooi staan dit as Kampioenetrofee bekend. Die Kampioenetrofee 1998 is deur die Indiese konglomeraatmaatskappy ITC Beperk geborg en staan dus amptelik bekend as die Wills Internasionale Beker 1998 (Wills International Cup), genoem na dié maatskappy se sigarethandelsmerk Wills Navy Cut.[3] Die toernooi is oorspronklik geskoei op FIFA se Sokker-Konfederasiebeker, waar die beste spanne van hul onderskeie konfederasies teen mekaar meeding, maar in hierdie geval het die beste spanne van die IKR EDI-Kampioenskap teen mekaar meegeding.[4] Die IKR het die kort kriekettoernooi van stapel gestuur om fondse in te samel vir die ontwikkeling van die spel in nietoetsspelende lande.[5]
Die destydse nege toetskrieketlande het aan die Kampioenetrofee 1998 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Aangesien die toernooi net uit die uitklopfase bestaan het moes die twee laagste spanne in die EDI-ranglys om die agtste plek speel. Vervolgens het Nieu-Seeland teen Zimbabwe in die voorwedstryd gespeel. Nieu-Seeland het Zimbabwe met vyf paaltjies verslaan en sodoende sy plek in die kwarteindrondte bespreek. Al die agt wedstryde is op die Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka gespeel. Die toekomstige toetsland en gasheer Bangladesj het egter nie aan dié toernooi deelgeneem nie.
In die eindstryd het Suid-Afrika Wes-Indië met vier paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel ingepalm.[6]
Die Internasionale Krieketraad het Bangladesj as gasheer vir die Kampioenetrofee 1998 aangewys ten einde krieket te bevorder in dié land. Bangladesj het nie aan dié toernooi deelgeneem nie aangesien hulle destyds geen toetsland was nie, hoewel hulle die IKR-trofee 1997 gewen en sodoende vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer het. Een van die ergste oorstromings in die streek[7] het die toernooi ernstig bedreig. Die toernooi het egter voortgegaan en die Bengaalse Krieketbeheerraad het belowe om 10% van die hekgeld aan die eerste minister se fonds vir vloedverligting te skenk.[8] Ná die Asiatiese Beker 1988 was dit die tweede kriekettoernooi wat geheel en al in Bangladesj beslis is.
Die destydse nege toetslande het regstreeks vir die Kampioenetrofee 1998 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Geen assosiaatlid het aan die toernooi deelgeneem nie.
Span | Kwalifiseringmetode | Vorige beste prestasie |
---|---|---|
Australië | Volle lede | Debuut |
Engeland | Debuut | |
Indië | Debuut | |
Nieu-Seeland | Debuut | |
Pakistan | Debuut | |
Sri Lanka | Debuut | |
Suid-Afrika | Debuut | |
Wes-Indië | Debuut | |
Zimbabwe | Debuut |
Die Kampioenetrofee 1998 is op die Bengaalse Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka gespeel. Altesaam agt wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 1998 gespeel, waaronder die voorwedstryd en die uitklopfase.
Dhaka |
---|
Bangabandhu Nasionale Stadion |
23°43′40.2″N 90°24′48.4″O / 23.727833°N 90.413444°O |
Kapasiteit: 36 000 |
Kampioenetrofee 1998 (Bangladesj) |
Die Kampioenetrofee 1998 is oor nege dae tussen nege verskillende spanne oor agt wedstryde beslis. Dit het op 24 Oktober 1998 op Bangabandhu Nasionale Stadion in Dhaka met die voorwedstryd tussen Nieu-Seeland en Zimbabwe begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 1 November met die eindstryd tussen Suid-Afrika en Wes-Indië, waartydens die Proteas die Kampioenetrofee ingepalm het.
Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 1998 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op die voorwedstryd, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Die voorwedstryd tussen Nieu-Seeland en Zimbabwe was die enigste wedstryd voor die uitklopfase om te bepaal watter van die twee spanne na die uitklopfase deurdring.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner van die voorwedstryd het na die uitklopfase deurgedring, terwyl al die ander toetslande die toernooi in die kwarteindrondte begin het. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.[9]
Al die destydse nege toetslande het aan die toernooi deelgeneem.[10][11] Elke land het ’n voorlopige span van 30 spelers gekies, wat dan een maand voor die begin van die toernooi tot 14 verminder is.[12]
Die Kampioenetrofee 1998 het hoofsaaklik uit die uitklopfase bestaan en al die destydse toetslande het daaraan deelgeneem. Dus kon nege spanne aan die toernooi deelneem wat beteken het dat twee spanne in ’n voorwedstryd moes speel om die laaste van die agt spanne te bepaal. Aanvanklik is aangekondig dat die nege spanne volgens die Krieketwêreldbeker 1996 se plasings gerangskik sou word. Die trekking wat uiteindelik vrygestel is, was egter aangepas ten gunste van sommige van die spanne met ’n groter aanhangerskap,[13] waarvolgens Nieu-Seeland teen Zimbabwe gespeel het om te bepaal watter span die uitklopfase haal.[14]
t
|
||
Kwarteindstryd | Halfeindstryd | Eindstryd | ||||||||
25 Oktober – Dhaka | ||||||||||
Suid-Afrika | 283/4 | |||||||||
30 Oktober – Dhaka | ||||||||||
Engeland | 281/7 | |||||||||
Suid-Afrika | 240/7 | |||||||||
26 Oktober – Dhaka | ||||||||||
Sri Lanka | 132 | |||||||||
Nieu-Seeland | 188 | |||||||||
1 November – Dhaka | ||||||||||
Sri Lanka | 191/5 | |||||||||
Suid-Afrika | 248/6 | |||||||||
28 Oktober – Dhaka | ||||||||||
Wes-Indië | 245 | |||||||||
Indië | 307/8 | |||||||||
31 Oktober – Dhaka | ||||||||||
Australië | 263 | |||||||||
Indië | 242/6 | |||||||||
29 Oktober – Dhaka | ||||||||||
Wes-Indië | 245/4 | |||||||||
Wes-Indië | 289/9 | |||||||||
Pakistan | 259/9 | |||||||||
t
|
||
t
|
||
t
|
||
t
|
||
t
|
||
t
|
||
Kampioenetrofeewenner 1998 |
---|
Suid-Afrika |
Meeste lopies:[1]
|
Meeste paaltjies:[2]
|
Kampioenetrofee | |||
---|---|---|---|
Bangladesj 1998 • Kenia 2000 • Sri Lanka 2002 • Engeland 2004 • Indië 2006 • Suid-Afrika 2009 • Engeland / Wallis 2013 • Engeland / Wallis 2017 • Pakistan 2025 • Indië 2029 |