Die toernooi se formaat van 2009 en 2013 het onveranderd gebly en die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys het aan die Kampioenetrofee 2017 deelgeneem: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.
Bangladesj, Engeland, Indië en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Bangladesj en Pakistan het Engeland geklop, waardeur die twee aartsvyande Indië en Pakistan in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op The Oval in Londen het Pakistan die verdedigende kampioen Indië met 180 lopies verslaan en sodoende sy eerste Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 1992 en die T20I-wêreldbeker 2009 was dit Pakistan se derde internasionale kriekettitel. Suid-Afrika is reeds in die groepfase uitgeskakel
Die laaste Kampioenetrofee sou oorspronklik in 2013 aangebied word en dié toernooi sou van 2017 af met die Wêreldtoetskampioenskap vervang word.[3] In Januarie 2014 is dié plan egter herroep en aangekondig dat in 2017 wel ’n Kampioenetrofee sal plaasvind en die Wêreldtoetskampioenskap gekanselleer is.[4] In 2016 het die Internasionale Krieketraad aangekondig dat die Kampioenetrofee na 2017 geskrap sal word om aan die IKR se doelwit te voldoen om vir elke krieketformaat een toernooi te hê.[5] In November 2021 het die IKR bekend gemaak dat die Kampioenetrofee in 2025 weer sal plaasvind en in Pakistan aangebied word.[6]
Oorspronklik was in die tydstip die Wêreldtoetskampioenskap in Engeland beplan.[7] Nadat daar nie op ’n geskikte formaat vir dié toernooi besluit kon word nie, is in Februarie 2014 aangekondig om nog ’n Kampioenetrofee aan te bied.[4] In aanloop tot die toernooi het daar ’n konflik ontstaan binne die IKR oor die verdeling van die finansiële middele, met Indië wat gedreig het om toekomstige IKR-toernooie soos die Kampioenetrofee te boikot.[8] Vervolgens het die Indiese beheerliggaam Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) die sperdatum vir die indiening van die Indiese span laat verstryk.[9] Ná twee weke se vertraging en op druk deur mediavennote het die BCCI wel ’n span vir die toernooi bekend gemaak.[10]
Die destydse beste agt spanne op die EDI-ranglys soos op 30 September 2015 het vir die Kampioenetrofee 2017 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika.[11][12] Bangladesj, wat Wes-Indië vervang het, is die enigste verandering in die agt-span-lys van die Kampioenetrofee 2009 en 2013. Die wedstrydskedule en groepe is op 1 Junie 2016 bekend gemaak.[13] Wes-Indië en Zimbabwe kon weens hul lae plekke op die EDI-ranglys nie vir die Kampioenetrofee 2017 kwalifiseer nie. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie. Pakistan se kwalifisering pleks van Wes-Indië was nie onomstrede nie, aangesien Pakistan homself op kort termyn uit ’n driehoekige toernooi met Wes-Indië en Zimbabwe onttrek het, waarin Wes-Indië die kans gehad het om Pakistan verby te steek en nog vir die Kampioenetrofee 2017 te kwalifiseer.[14]
Tydens die toernooi is twee Engelse en een Walliese stadion gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2017 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Al die drie stadions het groepwedstryde en wedstryde in die uitklopfase aangebied. Op 17 Desember 2014 is aangekondig dat dieselfde stadions soos tydens die vorige 2013-toernooi gebruik sal word.[15] Aangesien in dieselfde tydstip in Cardiff ook die UEFA Champions League 2016/17-eindstryd beslis is, het dié stadion een wedstryd miner as in 2013 gehuisves.[16]
Die Kampioenetrofee 2017 is oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 1 Junie 2017 op The Oval in Londen met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Bangladesj begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 18 Junie met die eindstryd tussen Indië en Pakistan, waartydens Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofeë in 2009 en 2013 gebruik.
Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2017 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die Kampioenetrofee 2017 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.
Sri Lanka wen met sewe paaltjies The Oval, Londen Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Rod Tucker (Aus) Speler van die wedstryd: Kusal Mendis (SL)
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Dit was die 150ste EDI-wedstryd tussen die twee spanne.[30]
Pakistan wen met agt paaltjies Sophia Gardens, Cardiff Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Rod Tucker (Aus) Speler van die wedstryd: Hasan Ali (Pak)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Indië wen met nege paaltjies Edgbaston, Birmingham Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Rohit Sharma (Ind)
Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
Dit was Bangladesj se eerste verskyning in ’n halfeindstryd van enige IKR-toernooi.[36]
Pakistan wen met 180 lopies The Oval, Londen Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Fakhar Zaman (Pak)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.