Karel die Kale (* 13 Junie 823 in Frankfurt am Main – † 6 Oktober 877 in Avrieux naby Modane), (Duits: Karl der Kahle, Frans: Charles II dit le Chauve, Engels: Charles the Bald), stam uit die Karolingers. Hy was van 843 – 877 koning van die Wes-Frankiese Ryk en van 875 tot 877 koning van Italië asook die keiser daarvan.
Na die dood van hul neef Lotarius ll in 870 verdeel Karel die Kale en sy broer Lodewyk die Duitser die gebied Lotaringe wat aan Lotarius II behoort het. Hulle doen dit met die verdrag van Meerssen wat ná die dood van keiser Lodewyk II van Italië plaasvind.
In 875 verkry Karel ook die Frankiese gebiede in Italië en die keisertitel. In 877 besluit hy om 'n veldtog teen die Moslems in Italië te voer, maar sterf daar op 6 Oktober. Karel die Kale word in die Wes-Frankiese Ryk deur Lodewyk II, "die Stamelaar", opgevolg.[1]
Karel het twee keer getrou en in totaal veertien kinders gehad. Sy eerste vrou was Ermentrude van Orleans, die dogter van Odo I van Orleans. Sy is op 27 September 830 gebore en was net twaalf jaar oud toe sy met Karel getrou het. Sy sterf op 6 Oktober 869. Hulle het die volgende nege kinders gehad:[2]
In 870 trou Karel met Richilde van Provence en die volgende vyf kinders word uit die huwelik gebore:
Voorafgegaan deur Lodewyk II van Italië |
Keiser van die Heilige Romeinse Ryk 875 – 877 |
Opgevolg deur Karel III die Dikke |