Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Karl Ilitsj Eliasberg (Wit-Russies: Карл Ілліч Эліасберг; Russies: Карл Ильич Элиасберг) (10 Junie 1907, Minsk - 12 Februarie 1978, Leningrad ) was 'n Sowjet-dirigent.
Eliasberg het in 1929 aan die Leningrad Konservatoria as violis studeer, en was vanaf 1929 tot 1931 dirigent van die Leningrad Teater van Musikale Komedie, voordat hy by Leningrad Radio aangesluit het as dirigent. [1] [2] [3]
Eliasberg was dirigent van die Leningrad Radio Orkes, maar slegs die tweede dirigent van die Leningrad Filharmoniese Orkes, maar het nieteenstaande 'n rol wesenlike gespeel in 'n sleutelgebeurtenis in die samelewing en kultuur van Sint Petersburg tydens die beleg van Leningrad toe Dmitri Sjostakowitsj sy Sewende Simfonie aan die stad gewy het as die "Leningrad Simfonie". Die simfonie is reeds op 5 Maart 1942 onder leiding van Samuil Samosud die eerste keer in Kuibyshev gespeel, en is daarna opgevoer in Moskou (29 Maart 1942), Londen (22 Junie 1942) en New York (19 Julie 1942). Toe Eliasberg gevra is om die Leningrad-première te dirigeer, was daar nog net 15 lede van die orkes beskikbaar; die ander het óf gesterf as gevolg van ontbering óf tydens hul pogings om die vyand te beveg. Die konsert is op 9 Augustus 1942 in die Leningrad Bolsjoi Filharmoniese Saal onder leiding van Eliasberg, die tweede dirigent, gedirigeer, saam met beskikbare personeel uit die hooforkes, die reserwe orkes en militêre orkes en oor die radio gespeel, welke die gemoed van die oorlewendes gelug het.
Eliasberg is erken as 'n verdienstelike kunstenaar van die RSFSR in 1944, maar na die oorlog het Jefgeni Mrawinski teruggekeer en Eliasberg se loopbaan in Leningrad gekniehalter [4] sodat hy 'n reisende dirigent geword het.
Tussen 1945 en 1975 het Eliasberg nog net drie keer in Leningrad as hoofdirigent opgetree - elke keer saam met die reserwe-orkes in opvoerings van die Sewende Simfonie. In 1961 het hy slegs die 1ste beweging behartig. In 1964 was daar 'n reünie van Eliasberg en 22 van die oorspronklike musikante. Die uitvoering in Sjostakowitsj se teenwoordigheid op 27 Januarie 1964 was die eerste keer in 22 jaar dat hulle weer saam was. Die oorlewendes het in dieselfde posisies gespeel. Eliasberg het gesê dat die konsert opgedra is aan diegene wat destyds gespeel het, maar sedertdien gesterf het; die gehoor het 'n staande ovasie gegee. Eliasberg het later geskryf:
Die derde keer was op 9 Mei 1975, drie jaar voor sy dood.
Eliasberg het in 1978, byna vergete, gesterf. Sy as is begrawe in 'n klein erf aan die agterkant van die Piskaryovskoye-begraafplaas. [5] Na die val van Kommunisme was Yuri Temirkanov aan die voorpunt gewees van 'n herwaardering van Eliasberg se reputasie. Die burgemeester Anatoly Sobchak het gereël dat die as van Eliasberg na 'n meer geskikte graf tussen die Literatorskie Mostki by die Volkovo-begraafplaas verskuif word. [6]
Die Leningrad Radio Orkes se uitvoering van Sjostakowitsj se Sewende simfonie onder leiding van Karl Eliasberg is die onderwerp van die 2011-roman The Conductor deur die Nieu-Seelandse skrywer Sarah Quigley . [7]
Die konsert tydens die beleg van Leningrad was te sien in die dokumentêre program Leningrad and the Orchestra that defied Hitler [8] wat op 2 Januarie 2016 op BBC Two uitgesaai is. [9] Die BBC se vroeëre radio-uitsendings oor dieselfde onderwerp sluit Witness [10] en Newshour in. [11]