Karmenu Vella
Karmenu Vella (gebore 19 Junie 1950 in Żurrieq ) is 'n Maltese politikus. Hy was die Europese Kommissaris vir omgewing, maritieme sake en vissery in die Kommissie Juncker van 2014-2019. Hy is Maltees .
In 1973 behaal hy sy Bachelor-graad in argitektuur en siviele ingenieurswese.
1973- '81 werk hy as argitek
Van 1976 tot 2014 is hy lid van die Maltese parlement.
Van 1981 – '83 is hy minister van publieke werke
Van 1984 – '87 is hy minister van nywerheid
Van 1996 – '98 is hy minister van toerisme
In 2000 behaal hy 'n Meester-graad in toerismebestuur
Van 2001–2007 is hy uitvoerende voorsitter van Corinthia Hotels International
Van 2008 – '10 is hy uitvoerende voorsitter van Corinthia se boubedryf
Van 2008 – '13 werk hy as koördinator van van parlementêre groep van die Labour Party
Van 2013 – '14 is hy minister van toerisme en lugvaart
In 2014 word hy lid van die Europese Kommissie Juncker op die werkgebied van die omgewing, maritieme sake en vissery.[ 1]
In 2015 het Karmenu Vella die deur sy voorganger Damanaki ingevoerde verskerping van die vangsgrense ongedaan gemaak wat in kringe van die omgewingsbeweging tot groot kritiek gelei het.[ 2]