Kasakke | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 18 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Kasakstan ~11 miljoen[1] Volksrepubliek China 1,5 miljoen[2] |
Taal: | Kasaks |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam, minderhede van Tengriisme[2][4][17][18][19] en Christendom.[20] |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene |
Die Kasakke (Kasakse enkelvoud: қазақ, qɑzɑ́q, [qɑ'zɑq], ; meervoud: қазақтар, qɑzɑqtɑ́r, [qɑzɑq'tɑr], ) vorm die tweede grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië naas die Oesbeke. Hulle vorm die titulêre nasie van Kasakstan, waar hulle sowat 65,5% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Kasaks, 'n Turkse taal, as moedertaal.
Naas Kasakke leef nog klein minderhede soos Russe (21,5%), Oesbeke (3%), Oekraïners (1,8%), Oeigoere (1,4%), Tartare (1,2%) en Duitsers (1%) in Kasakstan. Kasakse minderhede leef in lande soos die Volksrepubliek China (1,5 miljoen), Oesbekistan (800 000), Rusland (650 000) en Mongolië (100 000).
Wêreldwyd leef omtrent 15 miljoen Kasakke, waarvan sowat 11 miljoen in Kasakstan. In die Volksrepubliek China behoort die Kasakke tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Oeigoere, Oesbeke en Kirgisiërs.