Kasteelkloofsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. mucronifolia
|
Binomiale naam | |
Protea mucronifolia Salisb., 1806
| |
Sinonieme | |
|
Die kasteelkloofsuikerbos (Protea mucronifolia) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom van Hermon tot by Saron en deel van die fynbos-bioom is. Dit is die enigste populasie. Die struik groei regop en word 1 m hoog en blom van Oktober tot Januarie met die hoogtepunt van November tot Desember.
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie, word slegs na brand vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte, vermoedelik perdebye. Die plant groei op gruisagtige Klipheuwelgrond op hoogtes van 80 m.
In Engels staan dit as die Dagger-leaf sugarbush bekend.
Hierdie plant en die Swartlandsuikerbos staan saam bekend as skalieproteas.