Kawasaki Ki-61 Hien | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Kawasaki Aerospace Company |
Nooiensvlug | Desember 1941 |
Bekendstelling | 1942 |
Onttrek | 1945 |
Hoofgebruikers | Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër Chinese Nasionale Lugmag Lugmag van die Volksbevrydingsleër (naoorlogs) |
Aantal gebou | 3 078 |
Die Kawasaki Ki-61 was 'n enkelsitplek, monovlerk Japannese vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Die vliegtuig het 'n omwenteling in Japannese vliegtuigontwerp teweeg gebring. Die standaard op daardie stadium was lugverkoelde stermotors, maar die Ki-61 was toegerus met 'n inlynvloeistofverkoelde Daimler-Benz 601A motor, gebou onder lisensie. Die vliegtuig was gebou vir spoed. Toe die Geallieerdes die vliegtuig die eerste keer teëkom, het hulle gedink dat dit 'n Duitse of Italiaanse vliegtuig moet wees wat onder lisensie gebou is. Die Geallieerdes het die bynaam Tony vir die vliegtuig gegee.
Die rede vir die drastiese verandering was dat dr. Richard Vogt vanaf 1923 tot 1933 vir Kawasaki gewerk het as ontwerphoof. Hy is in 1933 terug na Duitsland waar hy by Blohm und Voss dieselfde pos gevul het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Kawasaki was daarna nog lank beïnvloed deur sy werk.
Die Ki-61 was in diens vanaf Augustus 1942 tot aan die einde van die oorlog, maar het dit algaande al hoe meer verouder geraak.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Kawasaki Ha-40 V-12 vloeistofverkoelde motor |
Kraglewering per motor | 1 175 perdekrag |
Vlerkspan | 12,0 m |
Lengte | 8,95 m |
Hoogte | 3,7 m |
Vlerkoppervlakte | 20,0 m2 |
Maks. opstygmassa | 3 470 kg |
Maksimumsnelheid | 560 km/h |
Operasionele hoogte | 10 000 m |
Togafstand | 1 900 km |
Klimvermoë | 675 m per minuut |
Bewapening | Twee 12.7 mm masjiengewere bo motor twee 20 mm kanonne in die vlerke |