Kazushi Ōno 大野和士 | |
---|---|
![]() | |
Agtergrondinligting | |
Genres | Klassieke musiek |
Beroep(e) | Dirigent |
Kazushi Ōno (大野 和士 Ōno Kazushi?) (* 1960[1]) is 'n Japannese dirigent. Hy is tans musiekdirekteur van beide die Brusselse Filharmoniese Orkes en die Tokio Metropolitaanse Simfonieorkes, sowel as artistieke direkteur van die Nuwe Nasionale Teater te Tokio.
Ōno het aan die Tokio Nasionale Universiteit van Beeldende Kunste en Musiek gestudeer, en onder Wolfgang Sawallisch en Giuseppe Patanè by die Beierse Staatsopera as deel van die Japannese Ministerie van Kultuur se program. In 1987 het hy eerste prys tydens die 3de Toscanini Internasionale Dirigentekompetisie gewen.
Ōno was hoofdirigent van die Tokio Filharmoniese Orkes van 1992 tot 1999, en die instelling se artistieke adviseur van 1999 tot 2001. Hy hou tans die titel van Geëerde-Dirigent van die orkes.
In Mei 2013 het die Tokio Metropolitaanse Simfonieorkes Ōno as sy musiekdirekteur aangekondig, met ingang April 2015. Ōno is vir 'n kontraktuele termyn van 5 jaar aangestel.[2] In 2018 is sy kontrak verleng tot Maart 2023.[3] In Oktober 2021 het die orkes sy termyn verleng tot 2026.[4]
In Europa was Ōno van 1990 tot 1996 hoofdirigent van die Zagreb Filharmoniese Orkes. Hy was algemene musiekdirekteur van die Badense Staatsopera, Karlsruhe van 1996 tot 2002. In Augustus 2002 is hy aangestel as musiekdirekteur van La Monnaie (Brussel), na sy debuut daar in Maart 2001, met die dirigeer van Salvatore Sciarrino se kamerorkes-opera Luci mie traditrici. Ander kontemporêre operas wat Ōno saam met La Monnaie gedirigeer het, sluit in Philippe Boesmans se Julie[5] en Wintermärchen,[6] en die wêreldpremière van Toshio Hosokawa se Hanjo tydens die Aix-en-Provence-fees (2004).[7] Ōno het aan die einde van die 2007–2008-seisoen as musiekdirekteur by La Monnaie uitgetree. Ōno het aan die begin van die 2008–2009-seisoen hoofdirigent van die Opéra National de Lyon geword, met 'n aanvanklike kontraktuele termyn van 5 jaar.[8] Hy het sy ampstermyn by Opéra National de Lyon aan die einde van die 2016–2017-seisoen afgesluit.[9]
In Januarie 2014 het die Barcelona en Katalaanse Simfonieorkes die aanstelling van Ōno as die orkes se volgende musiekdirekteur afgekondig, met ingang September 2015. Die kontraktuele termyn was aanvanklike 3 jaar [10] maar is verleng tot aan die einde van die 2021–2022 seisoen.[11] Ōno se ampstermyn by die Katalaanse simfonieorkes aan die einde van die 2021–2022 seisoen verstryk.
Ōno is met ingang van die 2018 seisoen aangestel as artistieke direkteur van die Nuwe Nasionale Teater te Tokio. Sy kontrak is sedertdien verleng tot aan die einde van die 2025–2026 seisoen.[12] Een van sy eerste opvoerings was die wêreldpremière van Asters in 2019[13] deur die Japannese komponis Akira Nishimura. Dit is genomineer vir 'n 2020 Internasionale Opera-toekenning.[14] Ander wêreldpremières by die geselskap het ingesluit Dai Fujikura se A Dream of Armageddon (2020) en Keiichiro Shibuya se Android-opera Super Angels (2021).[15]
Verdere nuwe werke wat Ōno aangevra het sluit in Mark-Anthony Turnage se Hibiki, wat sy première ontvang het by die Suntory-saal in November 2016[16] voordat dit opgevoer is tydens die 2017 BBC Proms.[17] Die werk het in 2018 die Koninklike Filharmonie se toekenning gewen vir grootskaalse komposisies.[18]
In 2021 was Ōno gasdirigent van die Brusselse Filharmoniese Orkes. In September 2021 het die Brusselse Filharmoniese Orkes die aanstelling van Ōno as sy volgende musiekdirekteur aangekondig, met ingang van die 2022–2023-seison.[19]
Ōno het die Suntory Musiekprys en die Asahi-prys in onderskeidelik 2009 en 2015 ontvang.
Kulturele poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Tadaaki Otaka |
Hoofdirigent, Tokio Filharmoniese Orkes 1992–2000 |
Opgevolg deur Myung-whun Chung (artistieke adviseur) |
Voorafgegaan deur Günter Neuhold |
Algemene Musiekdirekteur, Badische Staatskapelle 1996–2002 |
Opgevolg deur Anthony Bramall |
Voorafgegaan deur Antonio Pappano |
Musiekdirekteur, La Monnaie, Brussel 2002–2008 |
Opgevolg deur Ludovic Morlot |
Voorafgegaan deur Iván Fischer |
Hoofdirigent, Opéra National de Lyon 2008–2017 |
Opgevolg deur Daniele Rustioni |
Voorafgegaan deur Eliahu Inbal (hoofdirigent) |
Musiekdirekteur, Tokio Metropolitaanse Simfonieorkes 2015–tans |
Opgevolg deur ingesetene |
Voorafgegaan deur Pablo González Bernardo |
Direkteur van musiek, Barcelona en Katalaanse Simfonieorkes 2015–2022 |
Opgevolg deur Ludovic Morlot |
Voorafgegaan deur Taijiro Iimori |
Artistieke direkteur van Opera, Nuwe Nasionale Teaterorkes, Tokio 2018–teenswoordig |
Opgevolg deur ingesetene |
Voorafgegaan deur Stéphane Denève |
Direkteur van musiek, Brussel Filharmoniese Orkes 2022–teenswoordig |
Opgevolg deur ingesetene |