Frederick Joseph Ricketts | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Gebore | 21 Februarie 1881 |
Sterf | 15 Mei 1945 |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Komponis |
Frederick Joseph Ricketts (21 Februarie 1881 – 15 Mei 1945) was 'n Engelse komponis van marse vir veral militêre musiekgroepe.
Onder die skuilnaam Kenneth J. Alford het hy marse gekomponeer wat beskou word as van die beste voorbeelde van die besondere kunsvorm. Hy was die "Bandmaster" van die Britse Leër en ook Direkteur van Musiek van die Koninklike "Marines".
Die dirigent Sir Vivian Dunn het Ricketts "Die Britse Koning van Marse" genoem.[1]
Die gereelde gebruik van die saxofoon deur Ricketts het bygedra tot diè instrument se insluiting in militêre musiekgroepe("bands").