Die Kershout (Pterocelastrus tricuspidatus) is 'n boom wat amper soos die Klipkershout lyk. Die boom word gevind vanaf Kaapstad tot by Durban en ook in die Lebomboberge en is dus endemies in Suid-Afrika. Die boom dra kenmerkende, driehokkige, gehoringde, bottergeel vrugte en sy FSA-nommer is 409.[1]