Keurboomstrand Schulpjes-plaats | |
---|---|
![]() Dolfynskool naby die strand | |
Koördinate: 34°00′S 23°27′O / 34.000°S 23.450°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Tuinroete |
Munisipaliteit | Bitou |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,75 km2 (3,76 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 475 |
• Digtheid | 49/km2 (130/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 82.9% |
• Indiërs/Asiërs | 2.0% |
• Bruin mense | 13.5% |
• Swart mense | 2.3% |
• Ander | 1.3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 49.9% |
• Engels | 48.6% |
• Ander | 1.5% |
Poskode (strate) | 7130 |
Poskode (posbusse) | 7130 |
Skakelkode | 044 |
Keurboomstrand is 'n dorp en vakansieoord in die Suid-Afrikaanse provinsie Wes-Kaap. Keurboomstrand val onder beheer van die Bitou Plaaslike Munisipaliteit, in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit.
Die Keurboomsrivier mond hier in die Indiese Oseaan uit.
Die Matjesrivier-rotsskuiling hier naby bevat artefakte van die San wat dateer uit die Neolitiese tydperk 11 000 jaar gelede en is as 'n Nasionale Monument verklaar.[2] Die skulphoop op die terrein was een van die grootstes ter wêreld, 10 meter hoog, 15 meter breed en 30 meter lank, maar is mettertyd afgebreek.
In 1630 het Portugese ontdekkingsreisigers van die seilskip Sao Gonçalo vir agt maande hier naby skipbreuk gely, wat die eerste Europese nedersetting in Suid-Afrika was.[3]