Latifa bint Ahmed al-Soedairi Tarfa bint Abdoellah bin Abdoel Rahman al-Saoed Noera bint Toerki bin Abdoelaziz bin Abdoellah bin Toerki al-Saoed Sita bint Fahd al-Damir
Khalid bin Abdoel Aziz al-SaoedArabies: الد بن عبد العزيز آل سعود, Khālid ibn ‘Abd al ‘Azīz Āl Su‘ūd; 13 Februarie 1913 - 13 Junie 1982) was van 1975 tot 1982 koning van Saoedi-Arabië.[1] Groot ontwikkelings het gedurende sy bewind plaasgevind danksy ’n toename in olie-inkomste en belangrike gebeure in die Midde-Ooste.
Khalid is op 13 Februarie 1913 in Riaad gebore.[2][3] Hy was die vyfde oudste seun van Ibn Saoed.[4][5] Sy ma, Al Jawhara bint Moesaed al-Jiloewi,[6][7] was van die belangrike Al-Jiloewi-clan[8] wie se lede met dié van die Al-Saoedi ondertrou het.[9]
Op 14 is Khalid deur sy pa na die woestynstamme gestuur as sy verteenwoordiger om na hulle vrae en probleme te luister.[3] Hy was onder andere onderkoning van die Hedjaz,[10] ’n soldaat in die leër onder sy broer Faisal[3] en voorsitter van die Saoediese afvaardiging by die Taifkonferensie met Jemen in 1934.[11] Die konferensie het gelei tot die Taifverdrag later in die jaar.[11] In 1934 het hy die minister van binnelandse sake geword.[10]
Hy het saam met sy broer Faisal op buitelandse sendings gegaan en was sy raadgewer as verteenwoordiger van Saoedi-Arabie by die Verenigde Nasies.[8][11]
In 1962 is Khalid aangestel as onderpremier, wat ’n aanduiding was van sy prominensie in die lyn van opvolging.[12][13] Hy het in 1965 die kroonprins geword om koning Faisal op te volg[14] nadat sy ander broer Mohammed ’n plek in die opvolging van die hand gewys het.[15][16]
Khalid het op 25 Maart 1975 koning geword nadat Faisal in ’n sluipmoordaanval dood is.[17][18] Volgens sommige was hy nie ’n doeltreffende leier nie.[19] Hy het wel die land se opvoeding, gesondheidsorg en infrastruktuur gedurende sy sewe jaar lange bewind verbeter.[20] Hy kon egter nie sy mag monopoliseer nie en dit het gelei tot groter mag onder die prinse wat tydens Faisal se bewind in magtige ampte was.[21] Hoewel hy nie aktief in staatsake belanggestel het nie en met sy gesondheid gesukkel het, is hy bewonder as ’n eerlike man[19] en het die ander prinse hom ondersteun.
Tydens sy bewind het Saoedi-Arabië een van die rykste lande geword. Die streng finansiële beleide van Faisal en die gevolge van die oliekrisis van 1973 het ’n finansiële meevaller tot gevolg gehad wat tot ’n ekonomiese en handelsoplewing gelei het. Hy het die tweede "vyfjaarplan" in 1975 van stapel gestuur om die land se infrastruktuur en gesondheidsorg te verbeter.[10]
Die regerende familie se mag het toegeneem tydens Khaled se bewind.[22] Hy het die ministersraad in 1975 herorganiseer en die destydse kroonprins, prins Fahd, onderpremier gemaak en prins Abdoellah tweede onderpremier.[23]
Hoewel Khalid nie so ’n groot belangstelling in buitelandse sake gehad het soos Faisal nie,[24] het verskeie belangrike internasionale gebeure gedurende sy bewind plaasgevind, insluitende die Iranse Rewolusie, die sluipmoord op president Anwar Sadat van Egipte en die Sowjetunie se inval in Afganistan. Al hierdie gebeure het ’n groot invloed op Saoedi-Arabië gehad.[25]
Khalid het lank hartprobleme gehad en kroonprins Fahd het in dié tyd in sy plek waargeneem.[26] In 1970 het Khalid ’n massiewe hartaanval gehad en in 1972 het hy ’n hartopreasie in Amerika ondergaan.[27] Op 3 Oktober 1978 het hy ’n tweede hartoperasie in Cleveland gehad.[27][28] Hy het ook in 1976 ’n heupoperasie in Londen ondergaan.[29][30] In Februarie 1980 het hy ’n klein hartaanval gehad.[31]
↑"Khalid ibn Abdulaziz Al Saud". The Columbia Encyclopedia. Columbia University Press. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike(6de uitg.) op 28 September 2013. Besoek op 7 September 2013. (Sunskripsie nodig)
↑"Al Saud Family (Saudi Arabia)". European Institute for Research on Euro-Arab Cooperation (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2017. Besoek op 29 April 2012.
↑ 11,011,111,2"Key Figures". The Telegraph (in Engels). 1 Januarie 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2019. Besoek op 2 Augustus 2012.
↑Iris Glosemeyer (2004). "6 Saudi Arabia: Dynamisn Uncovered". In Volker Perthes (red.). Arab Elites: Negotiating the Politics of Change. Boulder: Lynne Rienner Publications. pp. 141–172.