Khartoem Internasionale Lughawe مطار الخرطوم الدولي | |||
---|---|---|---|
IATA: KRT – ICAO: HSSK | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Beide (Siviel en Militêr) | ||
Bedien | Khartoem | ||
Ligging | Khartoem, Soedan | ||
Spil vir | Sudan Airways, Badr Airlines, Tarco Aviation | ||
Hoogte bo seevlak | 1 265 vt / 386 m | ||
Koördinate | 15°35′22.19″N 32°33′11.38″O / 15.5894972°N 32.5531611°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
18/36 | 9 777 | 2 980 | Teer |
Statistieke (2017) | |||
Passasiers | 3 600 121 |
Khartoem Internasionale Lughawe (IATA: KRT, ICAO: HSSK) (Arabies: مطار الخرطوم الدولي) is die hooflughawe in Khartoem, die hoofstad van Soedan.
Khartoum-lughawe is in die hartjie van die hoofstad geleë en dien as die land se hoofpoort na die wêreld. Die huidige fasiliteit sal vervang word deur die Nuwe Khartoem Internasionale Lughawe in Omdourman 40 kilometer suid van die sentrum van Khartoem in 2022. Dit word beplan om twee 4000 meter aanloopbane, 'n passasiersterminaal van 86 000 vierkante meter en 'n 300-kamer internasionale hotel te hê.[1][2] Konstruksie sal deur China Harbour Engineering Co. (CHEC) uitgevoer word.[3] Op 4 Maart 2021 is die lughawe se ICAO-kode van HSSS na HSSK verander.[4]