Khumbudzo Ntshavheni | |
Ntshavheni in 2023 | |
Minister van kommunikasie en digitale tegnologie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 6 Augustus 2021 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Stella Ndabeni-Abrahams |
Waarnemende minister in die Presidensie
| |
Ampstermyn 28 Januarie 2021 – 5 Augustus 2021 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Jackson Mthembu |
Opgevolg deur | Mondli Gungubele |
Minister van kleinsake-ontwikkeling
| |
Ampstermyn 30 Mei 2019 – 5 Augustus 2021 | |
Vise | Rosemary Capa |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Lindiwe Zulu |
Opgevolg deur | Stella Ndabeni-Abrahams |
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Mei 2019 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 30 Januarie 1977 Sibasa, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Alma mater | Bradford University Randse Afrikaanse Universiteit |
Khumbudzo Phophi Silence Ntshavheni (gebore 30 Januarie 1977) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. Sy dien sedert Maart 2023 as Minister in die Presidensie. Sy is ook 'n partylid van die African National Congress.[1] Sy was van 2019 tot 2021 minister van kleinsake-ontwikkeling en was ook die minister van kommunikasie en digitale tegnologievan 2021 tot 2023.
Ntshavheni is in Sibasa in die Transvaalprovinsie gebore. Sy het aan die Mbilwi Sekondêre Skool gematrikuleer en in 2008 'n MBA-graad aan die Bradford Universiteit in die Verenigde Koninkryk verwerf.[2] Haar ander kwalifikasies sluit in 'n BA Hons-graad in Ontwikkelingstudies en 'n BA Honneursgraad in Arbeidsverhoudinge, albei aan die Randse Afrikaanse Universiteit behaal.[3]
Ntshavheni was van 2008 tot 2010 die munisipale bestuurder van die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo. Sy was voorheen die toerismebestuurder by Handel en Belegging van Limpopo, hoofinligtingsbeampte van die Limpopo Provinsiale Departement van Plaaslike Regering en Behuising. Sy was ook 'n dosent aan die Universiteit van Suid-Afrika en bedryfshoof by die Staatsinligtingstegnologie-agentskap (SITA).[4]
Ná haar verkiesing tot die Nasionale Vergadering in Mei 2019, het president Cyril Ramaphosa haar aangestel as die minister van kleinsake-ontwikkeling.[5][6][7]
Na die dood van die minister in die presidensie: beplanning, monitering en evaluering, Jackson Mthembu, in Januarie 2021, is Ntshavheni as sy waarnemende opvolger aangestel.
Tydens 'n kabinetskommeling op 5 Augustus 2021, kondig president Ramaphosa aan dat die minister van kommunikasie en digitale tegnologie Stella Ndabeni-Abrahams en Ntshavheni hul ministeriële poste sal omruil.