Kieseriet | |
---|---|
Sintetiese kieseriet | |
Formule | MgSO4.1H2O |
Nickel-Strunz (10) | 7.CB.05 |
Kleur | kleurloos, gryswit, gelerig[1] |
Glans | glasagtig [1] |
Hardheid | 3,5 (Mohs)[1] |
Digtheid | 2,571 g/cm3[1] |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | tweeassig (+) |
RI-waardes | nα = 1.520 nβ = 1.533 nγ = 1.584[1] |
Kristallografie | |
Kristalsisteem | monoklinies |
Ruimtegroep | C2/c |
Nommer | 15 |
Eenheidsel | a = 689,1 pm, b = 762,4 pm, c = 764,5 pm, β = 117,683° |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Kieseriet is 'n evaporitiese mineraal. Dit is die monohidraat van magnesiumsulfaat: MgSO4.1H2 en word in soutneerslae van oseaniese oorsprong aangetref.[1] Die sintetiese meteriaal word ook kommersieel uit ander bronne van magnesium vervaardig en as kunsmis verhandel.
Kieseriet en sy isotipiese verbindings M2+SO4.H2O (M2+ = Mg, Fe, Co, Ni) kristalliseer met monokliniese simmetrie in die ruimtegroep C2/c. Die struktuur is opgebou uit geknikte kettings van [MO4(H2O)2]-oktaëders wat suurstofatoomhoeke (O3: van die H2O-molekules) deel. Die puntsimmetrie is 1). Die oktaëders is uitgerek langs hul O3-O3-asse. Aangrensende oktaëders word deur byna volkome [SO4]-tetraëders (puntsimmetrie 2) verbind. Hulle deel O2-hoeke met die oktaëders. Hierdie oktaëdriese-tetraëdriese kettings is parallel met die c-as en gekoppel aan 'n raamwerk deur die oorblywende veelvlakkige O1-hoeke te deel asook deur matig sterk O3–HO2 waterstofbindings.[2]
Kieseriet is waarskylik volop op die oppervlak van Mars. Nabyinfrarooispektroskopie wys absorpsies by 1,6, 2,1 en 2,4μm op verskeie plekke soos Ius, Heber, Carpi, Candor, Melas, Juventae Chasma, Aram Chaos en Terra Meridiani op Mars. Die beste verklaring vir hierdie waarneming is die teenwoordigheid van kieseriet. Hierdie deel van die infrarooispektrum kan maklik uit die refleksie an sonlig gemeet word en absorpsies in dié bereik is karakeristiek vir oortone van die vibrasies van die watermolekule en die sulfaatioon. Die waardes van 1,6 en 2,1 μm is karakteristiek vir sulfaatmonohidrate omdat hulle geskuif is van die waardes van 1,4 en 1,9 μm wat gewoonlik waargeneem word. Die verskuiwing word deur die sterk koppeling van die sulfaatioon se vibrasie met die watermolekule s'n veroorsaak.[3] Hierdie waarnemings is belangrik vir die vraag of water op die planeet voorkom, en hoe, ten spyte was sy uiters droë atmosfeer. Hierdie vraag speel 'n groot rol in die areologie.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)